Voetspore Erfenisgebied Daniel Poklenberg Erasmus deur weerlig doodgeslaan.

Voetspore Erfenisgebied

Standerton

Mpumalanga

Daniel Poklenberg Erasmus deur weerlig doodgeslaan.

25 Januarie 1884

Daniel Poklenberg Erasmus is 25 Januarie 1884 op 44 jarige ouderdom op sy plaas Uitkyk (tussen Standerton en Morgenzon) deur die weerlig doodgeslaan.

Daniel was besig om met sy outydse houtbalkploeg vore na die dam te trek toe die weer opsteek en ń weerligstraal hom tref. Sy seun Pieter Lafras Erasmus het vertel dat sy pa se klere in repies was, tot sy skoenveters was af. Sy knipmes het hulle 21 tree daarvandaan ogetel. Sy spore het jare lank daar gebly. in 1953 is ń foto geneem wat duidelik sy spore wys, asook ń merk van Daniel se elmboog waar geen gras groei nie.

Deur die jare het die spore verdwyn en al wat oorgebly het is onvrugbare grond waar niks groei nie en ń gedenksteen.

Die monument het ń ryk geskiedenis wat deurspek is met onwaarhede en kwaadwillige gerugte. Een hiervan is dat Daniel glo die Here gevloek het na ń baie lang erge droogte en dat ń weerligstraal uit die hemel hom getref het.

1981 het sy oorlewende kleinkinders ñ grafsteen opgerig met die inskripsie: Aan ń gerespekteerde oupa…ń gelowige Christen…Alle kwaadwillige gedagtes i.v.m. jhierdie aangeleentheid is van alle waarheid ontbloot.

2016 het Afriforum die Voetspore monument opgeknap.

Huidig Maart 2019 weer oorgroei.

Bron: Erfenisstigting. Huisgenoot 2 Januarie 1953. Graves eggsa. Standerton Advertise.

Fotos: Internet.

Fotos:2019 Maart dankie Gys Stroh


Maak 'n opvolg-bydrae