Uitenhage Drostdy. Markplein. Centenary Square. Sonwyser, oorlogsgedenkteken, Beeld van soldaat.

Drostdy

Uitenhage

Oos-Kaap

Uitenhage is bekend vir sy Volkswagenfabriek, die grootste motorfabriek in Afrika. Hierdie dorp was altyd bekend as ń engelse dorpie en die boustyle van die ou geboue vanaf 1800 wat nog in hulle oorspronklike vorm behou is wissel van Ou Hollande Styl, Kaaps Hollandse styl, soms gemeng, tot die Georgiaanse styl wat deur die Britse Setlaars ingebring is.

Die Kaapkolonie was onder Britse bewind sedert 1795. Jacob Abraham Uitenhage de Mist was in beheer van die Kaapkolonie as Kommisaris-Generaal sedert 1802. ń Groep setlaars rig ń versoek aan hom om ń nuwe dorp en distrik te skep, nader aan hulle plase want Graaff-Reinet was baie ver van hulle af.

7 Februarie 1804 word ń nuwe distrik afgestig deur De Mist as die 5de distrik van die Kaapkolonie. Kaptein Ludwig Alberti , in bevel van Fort Frederik in Algoabaai(Port Elizabeth) word aangestel om die nuwe distrik te bestuur en om ń geskikte plek te vind vir ń nuwe dorp en woning. Hy besluit op die plaas Rietvallei, weduwee Elizabeth Scheepers se plaas aan die voet van die Winterhoekberge in die Zwartkopsriviervallei. In hierdie area vestig Hollande setlaars hulle al sedert 1790. Dit is naby water, maklik verdedigbaar, naby die hawe en die klimaat is so gesond dat dokters siekes daarheen stuur om te herstel.

Die dorpie word vernoem na die Kaapse Kommisaris-Generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist en 25 April 1804 kry Uitenhage sy amptelike naam.

Die uitleg van die dorp het duidelik Kaptein Alberti se militêre agtergrond gewys. Uitenhage was uitgelê soos ń militêre kamp, die buitegrense in ń vierkant, die Drostdy in die senter met groot tuine en landbougrond voor die gebou. Daar is dadelik begin met die bou van die Drostdy, maar is eers in 1809 voltooi. Weens die ylbevolkheid van die area was dit moeilik om genoeg hande te kry om bouwerk te voltooi. Anders as ander dorpe het Uitenhage nie om ń kerk en kerkplein ontstaan nie, maar om die Drostdy, ń plaas in die middel van die nedersetting.

Teen 1811/1811 was Uitenhage die militêre sentrum vir optrede teen die Xhosa aanvalle en die Xhosa grensoorloë.

1815 het Uitenhage ook ń leidende rol gespeel in die onderdrukking van die Slagtersnek Rebellie.

Piet Retief en ń groepie boere het in 1834 Stockenstroom hier in die Drostdy ontmoet om hulle besware te bespreek. Kort daarna het hulle die area verlaat tydens die Groot Trek.

Drostdy

Die Drostdy was die amptelike regterlike en administratiewe kantore in ń distrik. Hier was dis geregshof, ampsgebied en woning van die amptelike regterlike en administratiewe amptenaar, die landdros. Die eerste Drostdy is in 1687 in Stellenbosch opgerig en Drostdy stelsel is gebruik van 1685 tot 1828. Daar is vandag nog 7 van die oorspronklike Drostdy geboue oor, een daarvan in Uitenhage

Uitenhage se Drostdy is in ñ U-vorm gebou en was omring met tuine en bome en groot landerye voor gebou.

Die gebou is voltooi in 1809 en verklaar as Nasionale Monument in 1981. Meeste van die deure is selfs nog die oorspronklike hout. Voor die gebou is die oorspronklike paal waaraan die perde vasgemaak was en selfs ñ trappie wat deur die dames gebruik is om op perde en in perdekarre en koetse te klim.

Sedert 1981 dien Uitenhage Drostdy as ń museum. Netjies versorg en opgepas met hulpvaardige personeel. Uitstallings is baie leersaam.

Bron:Internet. Uitenhage History, Heritage Portal, eggsa.

          Uitenhage Drostdy

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Uitenhage

Oos-Kaap

Markplein

Uitenhage vernoem na Jacob Abraham Uitenhage de Mist, die Kaapse Kommisaris-Generaal. Gestig 1804

Aan die einde van die 17de eeu was in hierdie distik volop wild: Olifante, seekoeie, renosters, zebras, koedoes en kleinwild.  Selfs nadat die dorp aangelê is, het wolwe en wildehonde hier rondbeweeg en snags moes veral die kinders binneshuis bly.

Daar is aangeteken dat ń groot “Tiers” tydens die tyd van Genl Cuyler luiters by een van die Dostdy se hoenderhokke ingestap het en met ń groot kalkoen in sy bek weer uitgestap het.

Soos die beskawing die gebied binnegedring het, het jagters die wild begin uitdun en vandag is daar feitlik net koedoes en bosbokke oor in omgewing en olifante in die Addo Olifant Park.

Markplein

3 Julie 1829 is daar tydens ń publieke vergadering besluit om ń markplein te open, daagliks oop van 8 tot 10 vm waar produkte per veiling aan publiek verkoop kan word en ń markmeester is aangestel.

Hierdie markplein was ń gewilde plek waar daagliks bymekaar gekom is en is ook gebruik as uitspanplek vir waens en osse.

Die produkte is vertoon en in die rondte gehou deur ń ou boggelrug bruinman Old Felix. Produkte was op oop tafels uitgepak en in warm somermaande het die botter gou gou in vetterige stroompies weggesmelt

Botter is in vaatjies gemaak en Old Felix het dan ń hol rietjie (pypie) daar in gesteek wat dan rondgestuur is. Elke een het dan ń vingernael daar in gesteek en geproe om die smaak en kwaliteit te toets.

In droë tye was hierdie markplein maar ń stowwerige plek met ń dik laag stof oor alles en in nat tye was dit ń pappery van modder en dieremis.

Die Markmeester was ook nie ń gewilde persoon nie want van elke produk wat verkoop is, moes hy ń gedeelte in kontant kry. Die helfte daarvan betaal deur die koper en die ander helfte die verkoper.

1910 is daar ń nuwe beter markplein gebou en die ou Markplein word ń parkeerarea.

1977 word die ou Markplein herdoop na Centenary Square en ń bronsplaat opgerig.

Hier is nou ń reuse sonwyser en paar beelde en oorlogsgedenkteken.

Beeld van soldaat.

Op die ou Markplein is ń pragtige beeld van ń soldaat wat hulde bring aan die vrywilligers wat deelgeneem het aan die ABO. Dit was vroeër ook ń drinkfontein. In sy een hand is ń geweer en voet op ń kanonloop. In 2015 is ń motorband oor hierdie beeld gegooi en aan die brand gesteek as protes teen kolonialisme, maar beeld is pragtig herstel.

Bron: Internet. Museum

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae