NG Kerk Uitenhage Oos Kaap

NG Kerk Uitenhage

Die kerkgebou wat 27 jaar geneem het om voltooi te word.

In Uitenhage het ń lang tyd verloop voor kerkgeboue opgerig is. Klein groepies van verskillende denominasies het nie die bou van kerke geregverdig nie. So ook met skole.

ń Tydelike kerk vir die NG gemeente is eers in 1811 gebou, ń lang vertrek wat in die week as skool gebruik is.

1817 is begin met planne om ń nuwe gebou op te rig langs die tydelike gebou, planne opgetrek ens maar weens ń gebrek aan fondse verloop 2 jaar voor daar weer aandag aan gegee word. 1822 word die hoeksteen gelê, maar nou begin die probleme. Probleme met fondse, probleme met kontakteur en swak en stadige bouwerk gaan draai selfs in hof wat sake nog vedere paar jaar vertraag.

1833 word die bouwerk met hernude ywer  aangepak en 27 Augustus 1843 word die kerk ingewy, 27 jaar later pryk die gebou met sy 27 meter hoë toring in Uitenhage.

Enkele fotos van pragtige ou geboue in Uitenhage. Nie seker watter geboue dit is nie, hopelik sal lede op blad meer inligting kan gee.

Bron: Internet

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae