Motmuis / Motmuis leer van Sonstilstande / Dag-en-nag-Eweninge Maart /Wintersonstilstand Junie

21 Maart
Herfs Dag-en-nag-ewening

” Motmuis, het jy geweet?

Vandag skyn die sonstrale loodreg/reguit op die ewenaar
Vandag is die dag en die nag ewe lank.
Van vandag af is dit HERFS.

Die winter is op pad.
Van nou af word die dae al hoe korter.
Die son kom later in die oggende op. Een van die dae as julle opstaan vir skool is dit nog donker.
Die son gaan vroeër onder in die aande.
In die winter is dit net na aandete al donker.”

“Ag nee, Mamma, ek het gevoel in die oggende vroeg is dit lekker koel.
Is die winter regtig op pad?”

” Ja, kyk, die blare word geel.
Die kosmos blom al langs die pad.
Dit is HERFS!”
Onthou van vandag af is dit herfs.
Vandag is die dag en die nag ewe lank.

Een van die dae as dit baie koud is, gaan ons vlermuise sommer baie lank slaap !”


21 Junie
Wintersonstilstand

“Motmuis, weet jy wat? Vandag is die middel van die winter.
Die son skyn vandag maar so skuins en flou op Suid-Afrika.”

“Regtig Mamma?
Gaan dit nou weer warm word?”

“Nie dadelik nie Motmuis.
Daar is nog een koue maand oor.
Juliemaand.”

“Mamma, hoekom vat dit dan so lank om weer warm te word?”

“Motmuis, daar waar die son reguit af skyn, ons noem dit loodreg, daar is dit nou somer.
Dit is nou ver van Suid-Afrika af.
Dit is nou in die boonste helfte van die aardbol.
Ons noem dit die Noordelike Halfrond.
Nou vandag en môre draai daardie regaf loodregte sonstrale terug en kom stadig weer na ons toe wat in die Suidelike Halfrond bly.”

“O nou verstaan ek.
Jippie, die son draai om. Die son draai om!”

“Motmuis, vandag is die kortste dag en die langste nag van die jaar in Suid-Afrika.
Die son kom laat in die oggend op en vanaand en moreaand gaan dit sommer gou donker word.”

“Mamma, ons gaan vannaand lekker lank slaap as ons gaan slaap as dit donker word en opstaan as die son begin skyn.”

“Jy is reg Motmuis.
Onthou vandag 21 Junie is dit die Wintersonstilstand in die Suidelike Halfrond.
Wintersonstilstand. Winter son staan stil.
Die langste nag en die kortste dag.”

Maak 'n opvolg-bydrae