Deneysville Kasteel / Vaaldam

Deneysville Kasteel

Vaaldam

Die Vaaldam het sy eie kasteel

Nogal gebou deur ń Lord

DENEYSVILLE

Deneysville is ń klein oorddorpie aan die walle van die Vaaldam. Gestig in 1930 op die plase Wilhelmina en Witpoort. Die dorp is vernoem na Deneys Reitz, Minister van Lande ten tyde van die bou van die Vaaldam.

KASTEEL

Die kasteel is gebou in 1963 op ń 2.5 hektaar plot wat grens aan die Vaaldam.

Lord Alfred Summer was so beîndruk met die rustigheid en kalmte van Deneysville en die uitgestrekte Vaaldam daarnaas dat hy hier ń kasteel laat bou het. ń Kasteel ter wille van nostalgie as hy dink aan sy land van herkoms, Engeland , en die pragtige kastele daar soos bv die Windsor Castle. Hy noem die kasteel Castle Marina en vestig ń unieke restaurant wat sowat 400 gaste binne en buite kon hanteer. Op die dak was tot ń gesellige biertuin wat oor die Vaaldam uitkyk .

Hierdie restaurant was gou ń gewilde bymekaarkomplek vir mense en etes was uit die boonste rakke.

16mm Filmvertonings lok ook besoekers van heinde en verre.

Die kasteel het ook ń uitsonderlike versameling middeleeuse wapens en skilde gehuisves, die Alfred Summer’s Collection.

Groot onthale en funksies word in die kasteel gehou en ń kapel word gebou om troues ook te akkomodeer.

BRAND

Ongelukkig word die kasteel opsetlik aan die brand gesteek in 1985 en die hitte veroorsaak groot skade. Vermoedelik is die brand gestig deur ń moeilike kliënt wat die vorige dag uit die kasteel verwyder is agv wangedrag. Dit kon ongelukkig ook nooit bewys word nie.

Die kasteel verval in onbruik en word verlate en geplunder.

Gerugte van spoke ontstaan.

Vroeg in 2000 word pogings onsuksesvol aangewend om kasteel te restoureer. Daarna word die kasteel weer verlate.

2013 sterf die eienaar van die kasteel en vir ń paar jaar is gebou nog steeds verlate.

2019 word die kasteel en omringende oewererwe per veiling verkoop en begin ontwikkeling.

Tans is die gebou omhein en die terrein is netjies versorg.

Vermoedelik sal kasteel nou weer herstel en bewaar word as bekende landmerk in Deneysville.

Bronne: Deneysville News 2001 Sunday Times

Fotos: Facebook Gys Ströh snr 2021

Maak 'n opvolg-bydrae