Heilbron / ABO / Konsentrasiekamp Begraafplaas / 5 Swemmers / Oudstryders Monument / Die Voortrekkers Terrein Heilbron Konsentrasiekamp

Heilbron

Anglo-Boereoorlog

Konsentrasiekamp Begraafplaas

5 Swemmers

Oudstryders Monument

Die Voortrekkers Terrein.

ABO en HEILBRON KONSENTRASIEKAMP

Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 veroorsaak groot verdeeldheid onder die inwoners van Heilbron. Afrikaans en Engelse mense het in vrede saamgeleef, maar nou moet kant gekies word. Die burgers tussen 16 en 60 word opgeroep om die Heilbron Kommando te vorm.

April 1900 is Heilbron selfs vir ń kort tydjie die Vrystaatse hoofstad.

Die suksesvolle en bekende sakeman in Heilbron, John Pierce, (John Pierce&Co), stuur ń verteenwoordiger nl. JJ Lombard in sy plek oorlog toe. Hy betaal Lombard 5 pond per maand om namens hom op kommando te gaan en sy plig te doen. Hy sien ook om na sy vee in sy afwesigheid. Selfs nadat Lombard gevange geneem is, gaan hy voort met die betaling. Na die ABO kon Lombard Kaap toe verhuis as ń ryk man. Op John Pierce se grafsteen staan: Who lived for other.

Junie 1900 neem die Britte Heilbron in. Die Britse soldate stroop en plunder die huise. Tot deure en vensters word uitgeruk vir brandhout. Voedsel en water raak skaars in Heilbron.

Desember 1900 kom die eerste gevange vrouens en kinders in Heilbron aan. Aanvanklik is hulle eers in leë huise in die dorp gevestig, maar díe het gou te min geword sodat daar meer as een gesin in huise gevestig moes word. Hulle het ook meestal hulle eie voedsel en benodigdhede aangekoop. Weldra raak die huise oorvol.

ń Tentkamp word opgerig om al die vrouens en kinders te huisves.

Oktober 1901 is daar 1655 vroue en kinders in die dorp in huise, winkels en kerke ingeprop en 1524 in tente.

Die tente kamp was redelik goed bestuur, maar watertekorte, karige voedselrantsoene en siektes het die lewe ondraaglik gemaak.

Februarie 1901 breek ń epidemie van ingewandskoors uit nadat soldate van Kroonstad en Bloemfontein aanvanklik siek in Heilbron aangekom het. 21 Februarie 1901 word 51 gevalle aangeteken. Die sterftesyfer was redelik laag omdat meeste vrouens en kinders nog in huise in die dorp gewoon het.

Augustus 1901 verander die situasie drasties. ń Groep nuwe vrouens en kinders vanaf Kroonstad Kamp word oorgeplaas na die Heilbron Kamp, onder hulle maselsgevalle. Dadelik breek daar ń masels epidemie in die kamp uit. Die bestuur isoleer dadelik die tentkamp, maar die masels woed nog vir maande en lei tot baie sterftes.

Byna 800 vrouens en kinders sterf in hierdie kamp, meeste van masels.

Die Britte het die meeste van die geboue in Heilbron gedurende 1901 afgebrand.

Na die oorlog was dit ń groot probleem om al die wese en weduwees weer uit te plaas. Die Verskroeide Aarde beleid het veroorsaak dat vroue nie na hulle afgebrande en vernietigde plase kon terugkeer nie.

Desember 1902 was daar nog steeds meer as 200 mense in die kamp.

Die kamp is eers in Desember 1903 finaal gesluit.

BEGRAAFPLAAS

In Heilbron Begraafplaas is ń hele paar interessante grafte.

Opvallend is die omheinde deel met Britse grafte. Britte wat tydens ABO gesterf het is hier herbegrawe. Meeste was deel van die Driscoll’s Scouts.

Lizzie Brown, ń verpleegster uit Australië, wat gesterf het in 1902 is ook hier begrawe.

Ook aan die een kant, die graf van BJ Joubert, ń “joiner”. Barend Johannes Joubert, ń 30 jarige boer van Clocolan omgewing, het by die Britte aangesluit en is 19 April 1901 tydens ń skermutseling oorlede. Hy word by die Britte begrawe.

Langsaan is die Konsentrasiekamp Grafte met ń Monument waar vrouens en kinders se name op aangeteken is.

789 hier begrawe.

Die monument is in die 1950’s hier opgerig.

Die koperborde is afgesteel, maar in 2004 met graniet vervang.

Grafte hier vertel die storie en geskiedenis van Heilbron.

O.a. Die bekende John Pierce en sy vrou,.

Die grafsteen van Hannetjie Groenewald wat 2 grafstene het (een op hulle plaas in Petrus Steyn en een in dorp Heilbron deur haar man Ryk Koos opgerig),

Carolus Watts is een van die oorspronklike Britse Setlaars

Sekerlik een van díe interessantste grafte is díe een van Piet Botha, een van die beroemde en bekende 5 Swemmers.

5 SWEMMERS ABO

7 Junie 1900.

Sowat 80 km van Heilbron af oorrompel Generaal de Wet en sy manne die Britte en buit 500 kiste ammunisie, klere en proviand. Hulle laai soveel hul kon op waens en steek die res aan die brand. Die ontploffing wat volg ruk ń gat van 18×11 m oop, 6 meter diep. Versterkings daag op, Genl de Wet en meeste van sy manne ontvlug met buit en al.

Willie Steyn, Piet Botha, Tielman Roos en 4 ander Heilbronners word deur Menthuen se Highlanders gevang.

Hulle word van alle besittings gestroop, verhoor en ter dood veroordeel op grond daarvan dat hul binne 50 m op Britte geskiet het.

Hulle word na verskeie gevangenisse oorgeplaas en eindig uiteindelik op Groenpunt Krygsgevangenis.

Hulle en 600 ander Boere Krygsgevangenes vertek met die troepeskip Catalonia na Ceylon (Siri Lanka).

Na 45 moeilike dae van seesiek en benoudheid bereik hul die hawe in Colombo.

Toe hul verby die Russiese Skip Ghersa, met 1500 Russiese man aan boord, verbyvaar skree die Russe hoera’s en die Vrystaatse Volkslied speel op die Russiese skip. Die Russe skree en beduie die Boere moet die Britte keelaf sny en in die see gooi. Boere skree en roep terug. Die bevel van die Britte kom dat al die Boere moet ondertoe gaan om die opgewondenheid te probeer stop.

Die gevangenes word toegelaat om op die dek te slaap aangesien die hitte ondraaglik is.

Willie Steyn maak planne om te ontsnap en 4 ander val by sy waaghalsige planne in.

Sy plan is om in die water in te duik, te swem na die naaste skip en om aansoek te doen om asiel.

Die aand van 12 Jan 1901 stel hul die plan in werking. Hul seil die 14 meter met ankertou af en elke een swem na die naaste skepe toe. Die soekligte verlig die water rondom die Britse skepe wat ontsnappingspoging soveel gevaarliker maak.

Willie Steyn swem na die naaste skip, ń Franse Skip, maar die begin stadig uitvaar voor Willie hom kon bereik.

Willee dopper byna 2 ure in die water voor hy die Russiese Skip bereik ( sowat 2 myl vanaf die Catalonia). Die Russe merk hom op en gooi toue af waarmee hulle sy uitgeputte lyf ophys. Hy word soos ń held ontvang.

Groot is sy verbasing toe hy sy 4 makkers, Broers George en Louw Steytler, Piet Botha en ń Duitser Ernst Haussner, aantref wat reeds deur die Russe uit die water gehys is.

Generaal Ivanof, Bevelvoerder van die skip, gee toestemming dat die 5 swemmers mag saamgaan tot in Rusland.

Die Russiese Skip lig anker en vaar voort voor Boere se afwesigheid ondersoek kan word.

Haussner kon in Duits met die Russe kommunikeer en die 5 waaghalse word as gaste behandel op die skip.

Hulle word selfs tydens ń Britse ondersoek op ń platform binne-in een van die skip se skoorstene versteek.

In St Petersburg kry hulle ń helde ontvangs. Hulle verkry paspoorte en vertrek per trein Duitsland toe. Hulle besoek Nederland waar President Paul Kruger hulle ontvang.

Daarna vertrek hul met ń Duitse Stoomskip na Duits Suid-Wes Afrika toe.

Terug in Suid-Afrika sluit hul weer by die kommando aan om verder deel te neem aan die oorlog.

Piet Botha, boer van Koppies, word Sept 1901 gewond en sterf. Eers begrawe in die Engelse deel van Heilbron begraafplaas, maar later herbegrawe tussen burgerlikes van Heilbron.

OUDSTRYDERSMONUMENT MET TENTPEN

By die ingang van Heilbron pryk die Oudstrydersmonument.

Die oudstryders het jaarliks 10 Oktober President Paul Kruger se verjaarsdag gevier.

10 Oktober 1946 het die oorblywende oudstryders van die ABO uit Heilbron en distrik reunie gehou.

Elke een het ń klip saamgebring en ń klipstapel gepak.

Hierdie klippe is gebruik om ń monument te bou.

Bo-op het hulle ń tentpen ingemessel. Díe tentpen is op die konsentrasiekampterrein opgetel. Die datum 1901 sowel as die vervaardiger Lewis&Co se naam duidelik sigbaar op die pen.

DIE VOORTREKKERS se TERREIN / Heilbron KONSENTRASIEKAMP

Heilbron Voortrekker Kommando was gestig in Augustus 1933, die jaar wat die eerste Afrikaanse Bybel verskyn het.

Die gebiedsleier Vader Visser skenk by hierdie geleentheid aan Heilbron Kommando ń splinternuwe Afrikaanse Bybel as koerswyser.

Die Voortrekkers se terrein waar byeenkomste, vlaghysings en ander geleenthede gehou word is op die terrein waar die Heilbron Konsentrasiekamp was.

Die bloekombome geplant deur vroue en kinderhande vir skadu nog steeds op die terrein. Die bloekombome geskenk deur Koningin Victoria:se opvolger George.

Quarta Pretorius, kenner van die spesifieke kamp, vertel stories van kinders wat bome moes aanplant vir koning Phillip en die handwaterpomp wat tydens die oorlog gebruik is. By elke bloekom is daar ’n briefie van die kinders bygeplant en maak hierdie bome van kultuurhistoriese belang vir ons volk.

Op die terrein ń hele paar merkwaardige en kosbare gedenktekens en herinneringe.

ń Waterpomp, gebruik in die kamp om water uit ń put te pomp. Meestal moes kinders die waterpomp beman.

Groot Trek herdenking 1838-1938, ook 1988 se herdenking, met waspore ens. (Verskuif vanaf die Rooiskool).

Die geopende klip Bybel.

Pragtige ou wa.

Herdenking van Die Voortrekkers se 85 ste verjaarsdag.

Dankie Voortrekkers vir die bewaring van sulke kosbaarhede. Hou Koers!

Bronne: Internet. Heilbron toer . Ggsa Vaal. Boere & Russe van Nico Moolman en Wessel Oosthuizen

Foto’s: Gys Ströh snr 2021

Maak 'n opvolg-bydrae