Vallei van Verlatenheid / ń Nasionale Monument in die Natuur / Die Camdeboo (Kamdebo) Nasionale Park / Graaff-Reinet / Oos-Kaap

Vallei van Verlatenheid

ń Nasionale Monument in die Natuur

Die Camdeboo (Kamdebo) Nasionale Park

Graaff-Reinet

Oos-Kaap

Graaff-Reinet is een van die min dorpe in die wêreld wat omring word deur ń natuurreservaat:

Die Camdeboo Nasionale Park.

Díe park wat in 2005 Suid-Afrika se 22ste Nasinale Park geword het, was voorheen bekend as die Karoo Natuurrreservaat.

Dit is die tuiste van nog ń wonder, die asemrowende Vallei van Verlatenheid, wat 14 km van die dorp af lê en soms die “Katedraal van die Berge” genoem word.

Die dorp lê aan die voet van die Sneeubergreeks, in ń boog van die magtige Sondagsrivier. Die suidelike ingang word bewaak deur die indrukwekkende 1400 m-hoê Spandaukop.

Die Vallei van Verlatenheid self is ń geologiese verskynsel met hoë pilare (tussen 90 en 120 m) van doloriet(ysterklip), wat blootgestel is aan miljoene jare se erosie.

Vanaf uitkykpunte is ń panoramiese uitsig oor Graaff-Reinet en die Vallei van Verlatenheid, wat op 22 Desember 1939 tot Nasionale Monument verklaar is.

Het jy geweet?

Daar is meer as 220 voëlspesies, 336 plantspesies en 43 soogdierspesies in die Camdeboo Nasionale Park.

Die hoogste piek in die Sneeubergreeks is Kompasberg (2 504m) en op ń helder dag kan besoekers so ver as die Hanekamberge sien.

Ander hoë pieke, wat dikwels in die winter met sneeu bedek is, is Driekoppe en Nardausberg.

Graaff-Reinet , die “juweel van die Karoo” is die 4de oudste dorp in SA en die oudste dorp in die Oos-Kaap. Dit is vernoem na Goewerneur Jacob van de Graaff en sy vrou, Reynet.

Die dorp het meer as 240 nasionale monumente.

*Die woord Kamdebo is ń Khoikhoi woord wat beteken “groen hoogtes” of “groen holte”.*

Die Kamdebo Park beslaan 20 000 hektaar.

Bron: Wonders van Afrika Dawid van Lill.

Fotos: Gys ströh Snr April 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae