Motmuis leer van Suid-Afrika / Geskiedenis / Boek 1 / Nommer 15 / Jan van Riebeeck / Moeg, honger, nat en koud in 1652

Motmuis leer van Suid-Afrika

Geskiedenis Nommer 15

MOEG, HONGER, NAT EN KOUD IN 1652

“Oupa Vlermuis. Dit reën in die winter in die Kaap. Die sneeu lê op die berge. Dit is baie koud daar.”

“Motmuis, jy is doodreg.

In die winter reën dit in die Kaap.

Die arme mense daar saam met Jan van Riebeeck was papnat in hulle houthuisies.⁶

Alles was nat.

Hulle klere, hulle beddegoed, alles was nat.

Dit is koud in die winter.

Dit sneeu op die berge.

Hulle was koud en nat.

Die wind waai vreeslik in die Kaap.

Ons noem dit die Suidooster.

Jan van Riebeeck en sy mense was honger.

Hulle het visse gevang om te eet. Hulle het dassies en pikkewyne en robbe gevang om te eet.

Hulle was moeg.

Hulle was bang.

Die leeus het in die nag al om die fort geloop en gebrul.

Die seekoeie het al die nuwe klein plantjies opgeëet.

Hulle het natuurlik ook siek geword so in die winter.”

“Arme mense. Oupa, het hulle toe maar terug gegaan Nederland toe?”

“O nee Motmuis.

Hulle was baie dapper en sterk.

Jan van Riebeeck was ń goeie leier.

Hy het mooi gepraat met hulle.

Hy het gesê hulle moet bid en glo.

Hulle moet hard werk.

Dit sal gou gou beter gaan met hulle.

Hulle gaan nog baie lief word vir Suid-Afrika.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir ons kleinkinders.

Geskryf deur Kobie Ströh tydens die Covid Isolasietydperk.

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae