Leeubrug in Kerkstraat Pretoria

Leeubrug in Kerkstraat

Pretoria

Gauteng

Brug oor die Apiesrivier

Die Leeubrug oor die Apiesrivier in die kern van Pretoria. Hierdie oudste oorblywende brug oor die Apiesrivier dateer uit die tyd van die ZAR.

Die Apiesrivier ontspring suid van Pretoria en vloei noordwaarts deur die stadskern van Pretoria. Die “Mighty Apiesriver” is gekanaliseer met beton en daar is min van die oorspronklike rivierloop oor. Die rivier vloei in die Bon Accorddam in en vandaar na die Klipvoordam.

Die verbinding tussen Arcadia en die sentrale deel van Pretoria is Leeudrift genoem omrede die digte struike en riete in hierdie omgewing ń lêplek vir troppe leeus was.

1830 was op hierdie plek ń drif wat Meintjiesdrif genoem is, vernoem na Stephanus Jacobus Meintjies wat die plaas Arcadia waarop die drif was besit het. Later het die drif bekend geraak as Leeudrif. Maria Jacoba Minnaar, gebore Bronkhorst verlaat die Kaapkolonie met die eerste trek 1834, is getroud in 1842 met Swart Philip Minnaar waarna hulle na hierdie gebied gekom het en hier gevestig is. Sy het die area beskryf as ..” …..’n mooi plaas, maar ń nes van leeuws..”. Sy het ook geskryf hoe die mans op Woensdae en Saterdae op ń leeujag gegaan het in die koppies. In 1858 is die laaste leeu in die omgewing geskiet.

Die eerste brug, die Arcadia brug, is in Oktober 1880 voltooi, maar het weggespoel en is vervang met die Leeubrug.

Die groter en sterker Leeubrug is ontwerp deur die eerste Staatsargitek en ingenieur S. Wierda ( Wierdapark is na hom vernoem) en gebou deur JJ Kirkness. Desember 1887 is begin met die bouwerk en voltooi 22 Desember 1893. Die brug moes versterk word in 1894 na ń aantal vloede.

Die brug het ń sentrale pilaar van growwe sandsteen met ń staal balk van 14.6 meter. Op die hoeke is 4 bronsleeus aangebring. Die bronsleeus is in Glasgow Skotland vervaardig en deur Sammy Marks geskenk. Oorspronklik was daar 2 gaslampe aan weerskante van die brug. Op die ou ZAR wapen sien ons ook die lêende leeu.

31 Desember 1981 is die Leeubrug tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Huidig is brug redelik weggesteek in die druk verkeer en honderde voetgangers maar is nog steeds ongelooflik. Ongelukkig baie vuil en stink in die omgewing en reeds die slagoffer van vandale met verfkannetjies.

Bron: Wikipedia, www.artefacts.co.za , Erfenisstigting.

Fotos: Mei 2019 Gysbertus Johannes Ströh

Winston Churchill remarked he swam the mighty Apies River in Pretoria It was a great feat at the time. The bridge is the old Arcadia bridge which became Lion Bridge after bronze lion statues were put there. Apparently where the last lion was shot in the 1850’s. Photo shows the flooding of the bridge in the 1900’s. Even though it has been converted to channels now the Apies River still claims its victims.

Maak 'n opvolg-bydrae