Langste doopnaam in Suid Afrika

Langste doopnaam in Suid Afrika / Longest baptism name in South Africa

(Contributed by Kobie Stroh)

Recorded in the baptism records as “Jesaja 41:14: “Vrees niet, gij wormpje Jakobs, gij volkje Israëls! Ik help u, spreekt de Heere, en u Verlosser is die Heilige Israëls!”

“Op 6 April 1879 doop Ds Ds. Aart Anthonie van der Lingen in die NG Kerk Harrismith ‘n seuntjie.

Die kind se name bestaan uit die teks van Jesaja 41:14 en lui: “Vrees niet, gij wormpje Jakobs, gij volkje Israels ! Ik help U, spreekt de Here, en uw Verlosser is de Heilige Israels”

Noemnaam: Japie en ook Jacob Schoeman

Sy Ouers: Johannes Christoffel Schoeman en Gesina Johanna Potgieter.

Geboortedatum: ∗20.08.1878, = Harrismith 06.04.1879

Doopregister: In die doopregister is sy naam soos volg aangeteken: “Jesaja 41:14: “Vrees niet, gij wormpje Jakobs, gij volkje Israëls! Ik help u, spreekt de Heere, en u Verlosser is die Heilige Israëls!” Daar is ’n aantekening in die doopregister wat lui: “Lees dien naam”

Huwelike: x Weenen 17.01.1911 Anna Sophia VAN DER MERWE, ∗ ca 1891

xx Ladysmith, Hester Margaretha LABUSCHAGNE, ∗ Harrismith 09.10.1909

Egskeiding: Jocob se eerste huwelik met Anna Sophia VAN DER MERWE eindig in die skeihof.

Sy tweede Huwelik: Trou 7/11/1934 met die veel jonger Hester Margaretha LABUSCHAGNE gebore 1909 ( 25 jaar oud), Jacob reeds 55 jaar oud. Hester was ‘n onderwyseres van Westminster distrik Ladybrand. Hulle trou buite gemeenskap van goedere en as trougeskenk skenk Jakob aan Hester die plaas Leliefontein distrik Harrismith 330 morg groot.

Beroep: Boer “ Uithoek” distrik Harrismith

Oorlede: Sterf op ouderdom 64 jaar en 10 maande te Bethulie. +Bethulie 06.06.1944 “In Private House Springfontein – District Bethulie” Vrou teenwoordig. Ek veronderstel hy was siek want uit boedel moes daar 4 pond aan Harrismith hospitaal betaal word en 2 pond aan Drs Reitz, Wagener en Koenhof

Erfgename: Jacob en Hester was kinderloos en Hester is sy enigste erfgenaam. Sy erf die plase Uithoek 499.39 morg asook Erfdeel 506.8 morg, diere, implimente asook spaargeld van ongeveer 10000 pond. Op sterfkennis asook inventaris word sy adres aangegee as “Plaas Uithoek PO Harrismith

Springfontein waar hy oorlede is, is in die Suid-Vrystaat tussen Trompsburg en Gariepdam

Jakob se Graf: Hoof begraafplaas Harrismith

Grafskrif: Slegs Jacob Schoeman Gebore 20.08.1878 Oorlede 06.06.1944 en slegs die woorde: SALIG IS DIE SAGMOEDIGES

Vraag wat by mens opkom: WAAROM SO ‘n VREEMDE NAAM VIR JOU KIND GEE?

Jes 44:14 in Afrikaanse Bybel; “ Moenie bang wees nie , al is jy niks meer as ‘n wurm nie, Jakob. Al is jy klein, Israel. Ek help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel”

Baba is gebore 1878 en gedoop 1879, 40 jaar na Slag van Bloedrivier.

Moeilike tyd vir pioniers om hulle te vestig. Onrustige tye, gevaarlike tye. Beproef geloof. Moontlik was dit die geloof en versugting van ‘n vader vir sy ou klein seuntjie. Die HERE sal help.

Anglo_Zoeloe Oorlog :

22 Januarie 1879 het 20 000 Zoeloes ongeveer 1800 Britte en 400 burgers aangeval en oorwin. 1300 Britte is dood, tussen 1000 en 2500 Zoeloes sneuwel, die stryd is bekend as die Slagting van Isandlwana.

1879 is einde van Anglo_Zoeloe Oorlog toe ‘n klein groepie Britse troepe ‘n groot Zoeloemag verslaan het by Rorke’s Drift en die Zoeloe nasie se oorheersing in die gebied tot einde gebring het, Eerste Vryheidoorlog: 1880 -1881.

Bronne:

* Familysearch. Doopregister Harrismith.

* Naairs: VAB MHG 36508

* Henri Schoeman se Schoemanregister

Maak 'n opvolg-bydrae