DIE VOLKWAGEN BEETLE / KEWER in SUID-AFRIKA

DIE VOLKWAGEN BEETLE / KEWER

(Bydrae deur Kobie Ströh)

Die Volkwagen Beetle, amptelik die Volkwagen Tipe 1 of informeel die Volkswagen Kewer , is bemark deur die Duitse Motorvervaardiger VW van 1938 tot 2003. Die langste en mees vervaardigste motor in ‘n enkele ontwerp -platvorm, meer 21 miljoen vervaardig.

Die Volkswagen Tipe 1 was die idee van Adolf Hitler. Hy was op soek na ‘n goedkoop, eenvoudige motor om in massa te produseer vir die nuwe padnetwerk in sy land. 1934 kontrakteur hy Porche om so ‘n motor te ontwerp wat met ‘n span helpers dadelik aan die ontwerp en beplanning werk onder Hitler se streng voorwaardes. 1935 keur Hitler die prototipe goed, 1938 is die ontwerp gefinaliseer en word die VW Tipe 1 gebore, een van die eerste motors met ‘n enjin agter, lugverkoelde enjin met ‘n unieke vorm.

Werklike produksie kon agv WWII nie dadelik begin nie, die motor is meestal vir propaganda doeleindes gebruik en as Duitse militêre voertuig. Na die oorlog word produksie hervat in die Duitse fabriek in die Britse deel van die land. Die plek se naam word verander na Wolfsburg, die naam van ‘n nabygeleë kasteel , later word die onderneming se naam Volkswagen. Die Tipe I se naam word ook verander na Beetle om verbintenis met Nazi’s te verbreek.

KEWER IN SUID-AFRIKA

1946 word ‘n aanleg geopen vir VW Kewers in Uitenhage, ‘n fabriek wat reeds Studebakers aanmekaar gesit het. 31 Augustus 1951 rol die eerste kewer uit die fabriek, ‘n kar met min luukshede, nie eers ‘n brandstofmeter nie.

Tot 1954 word so 500 Kewers per jaar vervaardig , maar sedert 1956 groei die produksie dramaties soos aanvraag vergroot agv gewildheid van die motor. Die Kewer bou sy reputasie as bekostigbare, betroubare en sterk motor in SA. In 1952 kos ‘n Kewer R1056 en in 1966 R1395.

1954 is ‘n 1952 VW Beetle (1131 cc) algehele wenner in die Pretoria / Lourenqo Marques Rally.

Junie 1956 is ‘n 1955 VW Beetle die eerste 2-wiel aangedrewe motor wat die gevreesde Sani Pas in die Drakensberge kon voltooi. Destyds nog ‘n pad (eintlik net ‘n spoor) vir pakdonkies en muile met klippe besaai en sneeu plek plek. Na die tog moes net die koppelaar vervang word.

1961 onderneem die Kewer ‘n epiese tog vanaf Port Elizabeth na London, 45 000 km deur Oos-Afrika, Midde-Ooste, Europa , deur Noorweë tot by die mees noordelike punt in Europa en weer terug na Engeland.

VW Beetle neem aan verskeie wedrenne, rally’s en uithouritte deel gedurende die 1950’s en 1960’s en verskeie verbeteringe word aangebring soos bv. groter vensters voor en agter, reënveërs, groter perdekrag, beter rattekas ens. Eers in 1962 verskyn die VW Beetle met ‘n brandstofmeter. Die motorvervaardigers bly egter getrou aan die oorspronklike konsep en ontwerp.

DIE EINDE VAN ‘n ERA

Ongelukkig begin verkope geleidelik afneem, maar Volkswagen antwoord met beperkte spesiale uitgawes soos Fun Bug (1974), Lux Bug ( 1974), Jean’s Bug (1976) en ‘n Silver Anniversary Beetle (1976) waarvan daar net 216 vervaardig is om die 25 jaar van die Kewer in SA te vier. Ongelukkig raak kompetisie in die mark te sterk.

VW Beetle is 28 jaar lank in SA vervaardig, 11 daarvan was die Beetle die topverkoper motor in die land.

Byna 300 000 ( 290 916) Kewers is deur Volkswagen SA in Uitenhage vervaardig.

Die VW Golf verskyn en neem die mark oor.

DIE LAASTE BEETLE IN SUID-AFRIKA

18 Januarie rol die laaste Kewer, ‘n 1300, brons metaalkleur, ‘n baie luukse motortjie die fabriek in Uitenhage uit.

Hierdie Beetle is nooit gebruik nie en in die VW Museum (AutoPavilion) uigestal. Slegs 200 km op sy afstandsmeter.

Op sy paneelbord is ‘n bordjie aangebring: “ The Legend lives on.”

November 2006 tref ‘n groot ramp Volkswagen, die vragmotor waarin die laaste Kewer vervoer word, vanaf ‘n motorskou in Kaapstad, slaan om en 9 geskiedkundige karre word verwoes, o.a. die Laaste Beetle.

Dit neem 2 jaar om hierdie besonderse Beetle weer te herstel. Die meganiese dele van die kar en die meeste dele binne die kar kon weer gebruik word en oorgebou word op ‘n ander motor uit dieselfde era se bakwerk. Die oorspronklike bakwerk was onherstelbaar beskadig.

Die laaste Beetle pronk weer in die VW Museum met sy boodskap: “ The Legend lives on.”

Profetiese woorde: Vandag is die Volkswagen Kewer ‘n versamelingsitem.

Maak 'n opvolg-bydrae