Laerskool Cottesloe/ 1922 Mynwerkers staking/ Opstand/ Groot Trek

Laerskool Cottesloe

Johannesburg

Mynwerkers Opstand 1922

Voortrekker Eeufees Gedenksteen 1838 -1939

New Nation School

Cottesloe

ń Klein voorstad wes van Johannesburg se middestad.

Vernoem deur die destydse Minister van Lande, dr Adam Jameson, na die dorpie Cottesloe in Wes-Australië (11km vanaf Perth).

Aanvanklik een van oorwegend Afrikaanse voorstede(soos bv Vrededorp ook), maar al hoe meer Afrikaanssprekendes het die ou voorstede in die hartjie van Johannesburg verlaat en meer anderstaliges het ingetrek. Die Afrikaanssprekendes se getalle het gekrimp en vandag woon daar ń bonte verskeidenheid mense en tale, met oorwegend Engels as voertaal.

Laerskool Cottesloe

Die plaaslike Laerskool Cottesloe moes in Augustus 1992 sluit. Hoewel daar nog 289 leerders oor was, kon die ouers dit nie bekostig om die skool as Model C Skool te bedryf nie en  die skool is gesluit. Die leerders is na skole in Brixton en Crosby verskuif. Intussen het al daardie skole ook verengels.

Die skoolgeboue is in Mei 1996 oorgeneem en Privaatskool New Nations School is daar gevestig.

Monumente en Gedenkstene

1. Die muur met die skietgate wat herinner aan die Mynopstand van 1922 is nog mooi bewaar daar.

2. Die Monument wat die Voortrekker Eeufees gedenk 1838-1938 is ook veilig omhein op die skoolterrein.

Samesteller:Kobie Ströh

Bronne:Wikipedia. Fotobeeld van 300 Monumente langs die pad van SA.

Fotos: Gysbertus Johannes Ströh Augustus 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae