1922 Mynwerkers staking/Rand Rebellie/Boksburg/ Cottesloe

1922 Mynwerkers staking

Rand Rebellie

Randse Mynwerkers staking

Witwatersrand

Boksburg, Benoni, Germiston, Brixton, Vrededorp, Fordsburg ens.

Slag van Fordsburg

Die vergete en doodgesmoorde slagting wat gebeure soos die Marikana onderonsie klein laat lyk.

21 Desember 1921 tot Maart 1922

Maart 1922 kondig Genl Jan Smuts bevelvoerder van die Unie van Suid-Afrika krygswet af en onderdruk die opstand van Randse mynwerkers met geweld. Groot lewensverlies en verreikende gevolge.

Hier word die amptelike sterftesyfer as meer as 200 aangedui maar werklike syfers is nooit bekend gemaak nie.

Die aanloop tot hierdie opstand het ń lang pad geloop.

Voor die ABO 1899 was die Afrikaner plattelands en het konserwatief en op tradisionele lewenswyse ń bestaan uit boer gemaak. Die Verskroeide Aarde beleid van Brittanje het hierdie lewensstyl vir altyd verander. Plase is afgebrand, families uitmekaar geskeur en Afrikaners is na stede gedryf, veral na Johannesburg, in ń poging om te probeer oorleef. Armoede het hoogty gevier en in Wes-Johannesburg (Vrededorp, Fordsburg, Langlaagte) was sowat 3000 gesinne in erge nood.

Die mynbedryf was die grootste werksverskaffer maar onder Engelse beheer en derhalwe is daar blatant teen Afrikaners gediskrimineer. Beter poste is vir Engelse gereserveer en boerseuns het moeilik werk gekry en indien wel, in laagste poste met baie swakker vergoeding as ander werkers.

1907 en 1913 het mynwerkers in opstand gekom maar regering het dit met bloedige geweld onderdruk en etlike werkers sterf.

Na WW1 verlaag myne die Afrikaners se lone weereens en vervang hulle met swart ongeskoolde arbeid.

Die werkers sluit aan by die Mynwerkersunie om om beter toestande te beding. Die toestande in die myne was swak en gevaarlik, myntering algemeen, geen mediese behandeling, Chinese en swart arbeiders ń bedreiging.

Die myne word ń kruitvat van armoede en swaarkry.

Jan Smuts neem oor by Louis Botha en sy lojaliteit lê by Brittanje.

Desember 1921 dank Kamer van Mynwese sowat 2000 werkers af en vervang met swart werkers.

6 Maart 1922 was daar ń groot optog na die middestad van Johannesburg, gelei deur die Mynwerkersunie en die SAKP (aanvanklik ń blanke beweging).

ń Eenvoudige opmars van ontevrede blanke mynwerkers eskaleer vinnig tot ń gewapende verset.

Smuts mobiliseer die weermag, kondig Krygswet af, neem persoonlik bevel oor en en onderdruk die opstand genadeloos. Die naiewe mynwerkers word onwetend pionne in ń verset nou nie meer teen mynbase nie, maar teen die Unie Regering wat die groot inkomste wat hulle uit myne verkry wou beskerm.

20 000 troepe word ingestuur, ondersteun deur tenks en vliegtuie wat laag vlieg en bomme op geboue vol mense afgooi. Johannesburg is in staat van oorlog en troepe vee woonbuurt vir woonbuurt skoon.

Smuts tree genadeloos teenoor sy eie mense op terwyl hy van ń afstand af op ń uitkykpunt dophou en bevel gee. Kanonvuur, gewere en masjiengewere maai stakers af wat desperaat agter verskansings en geboue probeer skuil. 1700 stakers gevange geneem waarvan 18 later ter dood veroordeel is sonder behoorlike verhoor. Minstens 214 is dood, 42 daarvan onskuldige bystanders. Die dooies is sommer vinnig deur die regering in ń massagraf in ń hoekie vir armlastiges in Brixton se begraafplaas begrawe, sonder enige name. Familielede vrees vir vervolging en skuil en mag nie die massagraf besoek nie. Presiese hoeveelheid sterftes is nooit vasgestel nie.Later is die grafte met grond gelyk gemaak.

16 Maart 1922 word staking afgelas.

17 November 1922 word 4 stakers ter dood veroordeel en net een graf, die van Taffie Long, het vandag ń gedenksteen op. Sy begrafnis is bygewoon deur 10 000 mense.

Die mynmaatskappy het met hulp van die regering die mag gekry om met uitbuiting voort te gaan. 15 000 blankes is afgedank, die res se salaris met 1/3 gesny.

Jan Smuts se gewildheid het geval en hy verloor die verkiesing. JBM Hertzog het gesê Smuts sal altyd onthou word as die SA Premier met bloed aan sy hande. Sy eie mense se bloed. Broer teen broer.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne: The Heritage Portal. Eensgesind. Wikipedia. John Roderick.Fotobeeld van 300 Monumente langs die pad van SA . eggsa graveyard project.

Fotos:Internet en Gysbertus Johannes Ströh Augustus 2019.

Cottesloe skool nou New Nation School. Interessant, huidige skoolhoof het nie juis inligting oor geskiedenis van die skool nie.

Taffie Long se graf is in Brixton begraafplaas.

Gedenksteen/ Naald/ kruis vir soldate in Boksburg, baie baie gevaarlike omgewing binne in ń plakkerskamp. Kyk fotos vam omgewing. Baie verval, moeilike paadjie. Moeilik om op te spoor. Wees bitter versigtig as terrein besoek word.

Laerskool Cottesloe

Maak 'n opvolg-bydrae