Nederduits Hervormde Kerk/ Cottesloe/Vrededorp

Nederduits Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Johannesburg

Cottesloe heuwel/ koppie

Vrededorp

Hierdie pragtige kerkgebou van die Hervormde Kerk Johannesburg is ń baken op die Cottesloe heuwel en kyk oor Johannesburg uit.

Die gebou is ontwerp deur Gerhard Moerdyk en ingewy 30 November 1935. Die enigste Afrikaanse Susterskerk wat ń gebou het binne die grense van Vrededorp.

26 Februarie 1895 Eerste Hervormde gemeente gestig in Johannesburg.

1944 Brixton gemeente gestig

1958 Crosby gemeente gestig

Die gemeentes begin krimp agb Afrikaanssprekendes wat voorstede soos Vrededorp, Cottesloe ens. verlaat en uitwyk na voorstede verder vanaf stadskern.

1 Februarie 1989 smelt Brixton en Crosby saam as die Gemeente Goudrand.

2000 word Goudrand ingelyf by Gemeente Johannesburg (Cottesloe).

Die gemeentes Brixton, Crosby en Goudrand ontbind , hulle kerkgeboue word verkoop want daar is nie meer genoeg lidmate om dit in stand te hou nie.

Die hoekstene van Brixton, Crosby en Goudrand is ingemessel in die buitemure van hierdie pragtige gebou.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne: Internet.

Fotos: Internet.

Gysbertus Johannes Ströh

Augustus 2019.

Carel-Johann De Bruin dankie vir inligting oor naam van gemeente.

Ongelukkig kon ons geen fotos van gebou binne neem nie.

Bykomende inligting deur ds. Herman van den Berg, predikant gedurende hierdie tyd van samesmelting. (Kerkgeboue blad)

Brixton het nie ontbind nie. Brixton en Crosby het saamgesmelt(1989) en die nuwe naam, Goudrand, aangeneem. Die een kerkgebou in Mayfair Wes is verkoop en die gebou in Crosby het die gemeentesentrum geword. Die hoeksteen van die Brixton kerkgebou is langs die hoeksteen by die Crosby kerkgebou ingemessel, saam met ‘n nuwe steen van Goudrand.

Byvoeging vanaf ń ander blad:(Christof Greyling)

Hierdie rif waarop die kerk gebou is, het ʼn sentrale rol gespeel in die tragiese gebeure met die 1922-staking. Die skool, ʼn hanetree van die kerk af, was eers die stakers se hoofkwartier, maar nadat Smuts se regeringsmagte hulle daar uitgerook het, het laasgenoemde dit as kanonstelling gebruik om die stakers onder in die vlakte van Fordsburg genadeloos te bestook. Smuts het vanaf hierdie uitkykpunt waar die kerk nou staan, ʼn arendsoog oor die gebeure gehad en het die hele operasie van daar af georkestreer.

In die buitemure en fassade van die skool kan nog duidelike koeëlgate gesien word

Maak 'n opvolg-bydrae