Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 40 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Klipstapel by Bloedrivier

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 40

Die Groot Trek

1836 -1838

Klipstapel by Bloedrivier

“Boetie Paul. Is daar regtig nie een van julle manne doodgemaak by Bloedrivier nie?

Dit is mos ongelooflik.

Daar was dan duisende Zoeloes wat julle aangeval het.”

“Ja , Fientjie. Ons sê mos dit was ń wonderwerk.

Ons was maar min wat moes veg.

God het ons beskerm.

Duisende Zoeloes het daar doodgelê.

Die res het gevlug.

Nie een van ons manne is dood nie.

Net 4 mans is gewond.

Oom Andries Pretorius is een van ons manne wat ń assegaaisteek in die arm gekry het toe hy die Zoeloes agterna gesit het.

Een van Zoeloes het gemaak of hy dood is en toe oom Andries by hom kom, het hy opgespring en hom in die arm gesteek.

Gelukkig net in sy arm. Dit sal gou gesond word.”

“Paul, dit was regtig ń Wonderwerk.

Nou moet ons net die Gelofte aan God onthou.”

“Ja, ons sal moet onthou. God het ons beskerm.

Ons moet elke jaar 16 Desember soos ń Sondag vier en glo dat God ons land en ons volk sal beskerm.

Ons het ń klipstapel daar by Bloedrivier gepak.

Elke man het ń klip gevat en dit op ń hoop gepak.

Dit moet ons herinner dat ons God se kinders is.

Onthou ons moet eendag dit vir ons kinders ook vertel.

Hulle moet dit weer aan hulle kinders vertel.

Ons het God so belowe.

“Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae