Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 4 / Die Groot Trek

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 4

Die Groot Trek

1836

“Paul, boetie, ek is baie bang! My maatjie sê daar is baie gevare in die binneland. Pappa het baie koeëls gemaak. Waar gaan ons slaap? Waar gaan ons water kry? Waar gaan ons kos kry? Hoe gaan ons oor die groot rivier kom? ”

“Fientjie, vragies vragies. Jy vra te veel vrae! Van nuuskierigheid is die tronke vol en die kerke leeg. Moet jy nie vir Mamma gaan help met broodbak en beskuit nie?”

“Ek het klaar gehelp Paul. Ek is baie moeg gewerk. Al my klere is ingepak. Tot my lappop lê net en wag dat ek haar moet kom haal.”

“Fientjie, ja dit is gevaarlik in die binneland. Maar ons manne het mos al daar gaan jag. Ons sal julle vroumense mooi oppas. Jy hoef nie bang te wees nie. Vrouens en kinders gaan binne-in die wa slaap. Ons manne gaan sommer op die grond onder die wa slaap.”

“Gaan die leeus julle nie daar opvreet nie?”

“Nee, party van ons sal wakkerbly en wag staan. Ons moet ook ons beeste en skape in die nag oppas anders vang die leeus hulle. Oom Louis Trichardt en Oom Lang Hans van Rensburg het ook solank vooruit getrek om te kyk waar is dit die maklikste pad oor die herge. Hulle sal vir ons wag op die pad en ons help.”

“Paul, ek is bly ons gaan nie alleen trek nie. Pappa sê ons gaan baie waens wees wat saam trek.”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae