Kinderlewe in Suid-Afrika
Deel 38
Die Groot Trek
1836 -1838
Bloedrivier
“Paul, dankie Vader julle is terug!
Julle is almal terug!
Wat het gebeur?
Kon julle Dingaan straf?”
“Sussie laat ek jou vertel.
Dit was vreeslik.
Ons het Zoeloeland ingetrek.
Oom Andries Pretorius het verkenners vooruit gestuur om seker te maak die Zoeloes lê ons nie iewers en inwag nie.
Toe ons diep in Zoeloeland in is, kom die verkenners skielik aangejaag.
Die Zoeloes is op pad!
Duisende van hulle.
Ons is net 64 man.
Oom Andries Pretorius het kalm gebly en gou-gou die terrein bekyk.
Ons moes laer trek.
Daar op die wal van die rivier.
Aan die eenkant was daar ook ń diep seekoeigat .
Die Zoeloes kon ons net van voor af aanval. Aan die kante en agter was die rivier en die diep sloot.”
“Paul, het die Zoeloes julle toe daar aangeval? ”
“Ja, ons het gewag.
Eers alles reggekry vir hulle.
Die waens reggetrek. Styf teenmekaar en vasgemaak aan mekaar.
Die veghekke stewig vasgewoel teen die wawiele.
Die kanon gelaai.
Al die diere binne in die laer vasgebind.
Ons gewere gelaai.
Toe het ons gewag.
Ons het weer ons Gelofte aan God herhaal. Ons het gebid.”
“Paul, julle was seker vreeslik bang.”
“Natuurlik was ons baie bang. Ons het die hele tyd gebid.
Ons het die hele nag gewag.
Die mis was ook dig gewees, ons kon niks sien nie.
Ons het lanterns buite die laer opgehang, maar dit was sulke flou liggies.
Ons het gevrees die Zoeloes is besig om ons te bekruip en ons kon niks sien nie.
Die mis was ook nie goed nie, dit maak die kruit nat en nat kruit kan nie skiet nie.
Ons was in groot gevaar.”
“Paul, julle is sowaar dapper.
Het almal kalm gebly? Tot die diere?”
“Fientjie, toe breek die dag.
Die mis lig skielik en ons kon sien.
Ons het ons yskoud geskrik. Reg rondom die laer het duisende Zoeloes op hulle hurke gesit, reg om aan te val.
Die eerste groep val aan.
Ons wag tot Oom Andries die eerste skoot skiet.
Die eerste Zoeloes is al amper teen die waens toe die bevel kom om te skiet.
Ons skiet soos een man.
Die Zoeloes val oormekaar.
Ons skiet ons gewere vuurwarm.
Die Zoeloes bly storm, maar kry nie deurgebreek tot by ons nie.
Hulle probeer deur die rivier en die sloot kom. Hulle klim op mekaar se skouers, maar ons kon hulle keer.
Die dooies lê rondom die laer.
Die rivier is naderhand bloedrooi van al die Zoeloebloed.
Ons bly net veg en keer.
Die gewere word vuurwarm.
Uiteindelik trek die Zoeloes terug.
Andries Pretorius laat een wa uitskuif en stuur ń klomp perderuiters agter hulle aan.
Die Zoeloes vlug, die ruiters jaag hulle.
God het ons gehelp.”
“Paul, dit was sowaar ñ Wonderwerk.
God het julle gehelp.
Ons moet ons Gelofte aan God onthou!”
Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh
Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet