Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 37 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Die Kommando gaan Dingaan straf

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 37

Die Groot Trek

1836 -1838

Die Kommando gaan Dingaan straf

“Totsiens Paul. Wees asseblief versigtig.

Onthou, Dingaan kan nie vertrou word nie.

Hy het duisende krygers wat kan veg en hulle is baie dapper en wreed.

Julle is maar min manne.”

“Fientjie, moet nie bekommerd wees nie.

Oom Andries is ń slim man en baie versigtig.

Hy het alles mooi beplan en ons is goed voorberei.

Ons gaan Dingaan daar in sy eie land, in Zoeloeland, ń les leer.

Dingaan kan nie sommer net ons mense vermoor nie.”

“Paul, gaan julle hierdie waens saamvat?”

“Ja, ons gaan laer trek sodra die Zoeloes ons wil aanval.

Dit gaan help dat die Zoeloes ons nie weer in ń hinderlaag inlei nie.

Jy weet mos ons het reeds lekker sterk veghekke gemaak.

Ons gaan die waens styf aan mekaar vasbind en die veghekke onder teen die wiele vasbind.

Dan kan die Zoeloes nie ń wa uit die sirkel uitruk nie en ook nie onder deur die waens kruip nie.

Ons gaan die kanon ook saamneem.

Ons het elke een ń geweer en sommer ń hele klomp patrone en buskruit.

Nou moet ons net bid dat die Here met ons sal wees.”

“Paul, ons sal bid dat die Here julle sal beskerm.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae