Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 35 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Die laer maak gereed om Dingaan te gaan straf

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 35

Die Groot Trek

1836 -1838

Die laer maak gereed om Dingaan te gaan straf

“Boetie Paul, Pappa sê ons almal moet net hier wag.

Oom Andries Pretorius is op pad.

Oom Andries kom al die pad van die Kaapkolonie af. Hy en ń klompie mans is haastig op pad om ons te kom help.

Pappa sê hy is ń baie dapper en slim man.”

“Sussie, dit is waar. Hy het al baie teen die Xhosas geveg.

Hulle sal binnekort hier wees.

Andries Pretorius het al ń boodskap vooruit gestuur.

Ons moet ons gewere regkry en genoeg koeëls maak.

Daar moet ń klompie dapper mans gekies word wat Dingaan in Zoeloeland gaan straf.

Hulle waens moet ook solank nagegaan word om seker te maak alles werk reg. Ons kan nie met stukkende waens in Zoeloeland sukkel nie.

Hierdie keer gaan hulle waens saamneem en nie net perderuiters uitstuur nie. Die waens kan in ń laer getrek word as die Zoeloes aanval, dit help baie met die verdediging.

Alles moet reg wees as hulle hier aankom.

Ons moet solank veghekke bou wat tussen die waens se wiele vasgemaak kan word. Daar moet nie ń Zoeloe onder ń wa deur kan kruip nie.”

“Paul, ek is baie bang.

Gaan ons ook saam?”

“Nee, julle vrouens en kinders bly net hier.

Net ń paar van ons manne gaan saam.

Net die dapperstes wat kans sien vir so ń gevaarlike tog.

Julle moet hier by die laer bly en net baie versigtig wees.

Bly waaksaam en wees altyd gereed om die laer te verdedig.

Almal se hulp is hier nodig om al julle vrouens en kinders te beskerm.”

“Paul, gaan jy saam? Gaan jy ook Zoeloeland in?”

“Natuurlik gaan ek saam.

Dingaan moet ń les geleer word.

Ons moet net bid dat God ons sal help.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae