Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 24 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Aanval afgeweer

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 24

Die Groot Trek

1836 -1838

Aanval afgeweer

“Dankie tog Boetie Paul. Dit lyk my die Zoeloes is nou weg. Ek is baie moeg en honger.”

“Ja Fientjie dit was ń lelike nag gewees. Ek is bly ons kon betyds laer trek en die Zoeloes afweer .

Gelukkig dat ons voor die tyd gewaarsku is. Dit het baie gehelp.”

” Ons het darem dapper geveg die hele nag deur.

Boetie, die Zoeloes is darem baie, duisende van hulle. Dink jy ons is nou veilig? ”

” Ek dink van die Zoeloes kruip nog hier iewers in die bosse weg. Ons moet versigtig wees en wagstaan.

Pappa en ń paar ooms saal nou juis ons perde op om te gaan seker maak die Zoeloes is weg.”

“Paul, dink jy die mense daar ver langs die Bloukransrivier is ook veilig? My maatjies is ook daar.”

“Sussie, sodra ons weet ons laer is veilig gaan ons manne uitry na hulle toe om te gaan kyk.”

“Kan ek saamgaan?”

“Beslis nie. Vrouens hoort by die waens. Dit is mannewerk.

Dit is darem doodstil, ek hoor geen skote meer nie. Ek dink die aanval is verby.

Jammer hulle het al weer meeste van ons beeste saam met hulle gevat.”

“Paul, waar kry die Zoeloes gewere? Party het met gewere geskiet. Nou is dit assegaaie en gewere.

Wanneer kom Oom Piet Retief nou terug van Dingaan af?

Hy het gesê ons moet hier vir hom wag. Dit is nou al lank wat ons hier staan. Die mense raak haastig om in Natal in te trek, dit is hoekom party al vooruit getrek het.”

“Sussie, ek weet nie waar kry hulle gewere nie. Wag, daar kom die manne, ons gaan nou ry.

Wees veilig en hou julle oë oop hier in die laer.”

“Paul, julle moet versigtig wees.

Ons hou die koffie reg as julle nou-nou terugkom.”

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae