Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 18 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Bo-op die Drakensberge

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 18

Die Groot Trek 1836 – 1838

Bo-opdue Drakensberge:

“Paul, hierdie Drakensberge is darem vreeslik hoog en steil. Ek kan nie glo ons is hier bo nie. Die osse moes darem hard werk om die waens op te sleep tot hier bo.”

“Sus Fientjie, dit was regtig moeilik. My hande se velle af soos ons die toue moes vashou om die waens regop te hou sodat dit nie teen die kranse afstort nie.”

“My lyf ook seer. Ons moes almal help om die vee en die waens hier bo te kry. Gelukkig het net een wa afgeval. Net my maatjie se voet het seergekry toe een van die osse haar raakgetrap het. Mamma sê hulle sal dit darem gou regdokter met salfies.”

” Paul, kyk daardie berg lyk soos ń kerk!”

” Ja Oom Piet Retief sê ons moet die berg sommer Kerkenberg noem. Ons moet nou hier wag en die osse laat rus. Oom Piet Retief en ń klomp manne het al gery met hulle perde. Hulle gaan eers met Dingaan gesels. Dingaan het klaar gesê ons kan van die grond in Natal kry om op te boer. Nou gaan hulle net weer seker maak alles is reg met Dingaan.”

“Boetie. Natal is mooi. Kyk hoe groen is alles. Ons gaan lekker daar woon. Ek kan nie wag vir Oom Piet Retief om terug te kom nie. Dan trek ons teen hierdie berge af, Natal in!”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet

Maak 'n opvolg-bydrae