Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 12 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Vegkop 3

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 12

Die Groot Trek 1836 -1838

Vegkop 3 :

” Kleinsus Fientjie. Het jy gesien Kaptein Moroka van die Barolong mense het vir ons van hulle osse gestuur? Nou kan ons die ossewaens verder trek. Hier by Vegkop moes ons hard veg teen duisende Matabeles.”

“Paul, hulle het tot vir ons ń klomp kos gebring. Ek is al so honger. Ons het lanklaas iets anders as beskuit kon eet.”

“Fientjie, ek het jou mos gesê hier is ander inheemse mense wat ons vriende is. Die Barolong mense is goeie mense. Hulle wil ons help. Hulle is so bly die Matabeles het gevlug want die Matabeles val hulle ook aan. Die Matabeles gaan nie meer die inheemse mense hier pla nie. Die Matabeles het geskrik en hulle les geleer. Nou hoef die Barolong mense nie meer weg te kruip nie. Ons moet nou wegkom hier by Vegkop.”

“Ek het gehoor hulle noem nou hierdie plek Vegkop. By hierdie koppie moes ons vreeslik veg om te bly lewe. Die Matabeles het al ons beeste en skape gesteel. Gaan ons dan nou terug Kaap toe?”

“Nee sussie ons gaan verder! Natal toe. Oor die Drakensberge. Daar in Natal is baie mooi grond. Ons kan daar lekker boer. Kom ons moet regmaak om in te span.

Pappa sê ons het nou lank genoeg hier by Vegkop gestaan.”

Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh)

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae