Kimberley Eerste elektriese straatligte in Suidelike Halfrond Noord-Kaap

1 September 1882

Eerste elektriese straatligte in Suidelike Halfrond

Kimberley

Kimberley was die eerste stad/dorp in Suid-Afrika en in die Suidelike Halfrond wat met elektriese straatligte kon spog. Inteendeel was Kimberley die 2de stad in die wêreld wat hierdie prestasie behaal het. (Eerste was Philadelphia).

Selfs in Londen was nog van gaslampe gebruik gemaak om strate te verlig.

Thomas Edison het in 1879 sy gloeilamp bekend gestel, die eerste kommersiële elektriese gloeilamp.

1 September 1882 is in Kimberley ń klein stoomaangedrewe kragsentrale aangeskakel wat elektrisiteit verskaf het aan 16 koolstofbooglampe. Teen skemer is hierdie 16 lampe aangeskakel wat die strate van Kimberley verlig het.Spoedig is die getal tot 70 lampe vermeerder. Interessant is dat die steenkool vir die stoomketels aanvanklik ingevoer moes word vanaf Wallis.

Pelgrimsrus was die tweede dorp wat elektriese straatligte gekry het in SA. Junie 1892, ruim 10 jaar later is die eerste straatligte in Johannesburg aangeskakel. Ks

Bron: Wikipedia. Van krag tot krag: UP.

Fotos: Internet

Maak 'n opvolg-bydrae