George William Stow 1822-1882. Ontdek steenkool Vereeniging.

Vereeniging

Gauteng

George William Stow 1822-1882

Monument: George William StowVereeniging1822 – 1882

Beroemde Pionier Geoloog en Etnoloog.

Ontdekker van Vereeniging Steenkoolvelde.

Opgerig deur Geologiese Vereniging van Suid Afrika en Vereeniging Estates Ltd.

Monument se woorde byna onleesbaar. Daar was plate opgesit maar verwyder. Monument aanvanklik op Bedworthplaas maar verskuif na Burgersentrum in Vereeniging.

Stow

GW Stow is gebore 2 Febr 1822 in Warwickshire Engeland en oorlede 17 Maart 1882 in Heilbron. Hy was ontdekker van steenkool in Vaalrivier se rivierbed in 1878. Hierdie ontdekking het groot ontwikkeling te weeg gebring oa groei van Vereeniging.Vereeniging

Ontstaan van die dorpie Vereeniging 1878

1878 ontdek die geoloog George William Stow steenkool by die samevloeiing van die Vaalrivier en Taaiboschspruit. Senator Samuel Marks (Sammy Marks), die miljoenër diamantmagnaat van Kimberley sien dadelik die groot waarde hiervan in. Die aanvraag na brandhout in Kimberley het so geweldig toegeneem dat die veld meer as 50 myl rondom die diamantmyne gestroop was van alle brandhout en steenkool kan groot verligting bring.Marks en Stow stig ‘n maatskappy De Zuid Afrikaansche en Oranje Vrijstaatsche Kolen en Mineralen Vereeniging (1880) Hulle koop die plase Leeuwkuil, Kipplaatdrift , Rietfontein en Maccauvlei en begin steenkool hier ontgin.

Die dorp Vereeniging verkry sy naam vanaf die naam van die maatskappy De Zuid Afrikaansche en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Vereeniging.Die eerste steenkoolmyn Central Mine lei tot die instroming van mynwerkers en ook groot getalle transportryers wat steenkool na Kimberley vervoer het en ‘n informele nedersetting ontstaan op die plaas Leeuwkuil en Klipplaatdrift. Elke dag het tot 200 waens uitgespan naby die Bedworthmyn om kole te laai en om die osse te laat rus en eet.

Stow Monument/ gedenksteen

ń Monument is opgerig op die plaas Rietfontein naby ou Central Mine ter ere van Stow wat steenkool hier ontdek het wat tot die ontstaan van Vereeniging gelei het. Die Monument is verskuif na die Vereeniging Stadskouburg, Joubertstraat.

Verdofte woorde op monument: (Plate met bewoording vermis) George William Stow 1822 – 1882 Beroemde Pionier Geoloog en Etnoloog.Ontdekker van Vereeniging Steenkoolvelde. Opgerig deur Geologiese Vereniging van Suid Afrika en Vereeniging Estates Ltd”

Geskiedenis deur Sarel Feldtmann Vereeniging Geskiedenis:3. Die myn van Steenkool begin in 1880.Op die 16de November 1880 het Stow die plaas Leeuwkuil aangekoop wat op die noor-delike walle van die Vaalrivier lê. Dit was op hierdie plaas wat Stow met die myn van steenkool begin het by die Oumyn (Blougat) wat later deel van die Bedworthmyn geword het.Marks het twee skuite laat bou, maar die plan om die steenkool met platboomskuite op die Vaalrivier na Kimberley te vervoer was nie prakties nie en was laat vaar. Voordat spoorweë aangelê was om die dorpe in die binneland te verbind was goedere vervoer deur gebruik te maak van transportryers en hul waens.‘n Transportkonfooi het gewoonlik bestaan uit ses waens, elke wa was getrek deur ‘n span van sestien osse. Tot en met 1891 was daar tot 200 transportwaens per dag by Viljoensdrift wat gewag het om gelaai te word met steenkool vir Kimberley en ander bestemmings. (3,200 osse en ‘n paar spaar osse plus al die waens, dit was nogal bedrywig – dit was daar waar SPIDERVALLEY is – dit was toe al besig) In 1884 het die maatskappy omtrent 720 ton steenkool per jaar verskeep met ossewaens na Kimberley, elke wa het 4 ton steenkool vervoer.Marks het vereis dat daar ‘n bestendige aantal transportwaens nodig was om steenkool vanaf die myn by die drif na Kimberley te vervoer. Teneinde om hulle te lok om die diens te lewer het hy geadverteer dat hy ‘n aanbod maak van gratis weiding en water vir trans-portryers wat op sy eiendomme uitspan. Voorheen moes transportreiers plaaseienaars betaal om op hul grond uit te span. Marks het ‘n aantal plase aangekoop vir die doel. Elke besending steenkool moes binne twee weke in Kimberley afgelewer word, ‘n reis waarvoor hulle ook vergoeding voor ontvang het.Vereeniging Geskiedenis:4. George William Stow sterf op die 17de Maart 1882. Destyds het Stow op die drumpel gestaan van groot persoonlike sukses. Soos die ironie van die noodlot dit dikwels beskik, het Stow egter die slagoffer geword van ‘n ernstige hartaanval en is hy op 17 Maart 1882 oorlede. Waar hy begrawe is, is nie presies bekend nie. Of dit langs sy eggenote in Queenstown is, volgens sy laaste versoek, of naby die terrein van sy groot ontdekking, is nie duidelik nie. (volgens ander inligting is sy graf hier in omgewing, maar grafstropers het al klaar die graf geskend)Deur blote uithouvermoë, intelligensie en determinasie het George William Stow ‘n leier op sy gekose gebied geword. Beslis ‘n man wat geadmireer moet word, ‘n waardige vader van Vereeniging. Mag sy naam in die toekoms… vereer… word… sodat… ‘n uitstaande voorbeeld nie vir die toekomstige geslagte verlore sal wees nie.

4.1 Stow Gedenkteken “Die Vader van Vereeniging” Die Gedenkteken was op die plaas Rietfontein opgerig. Dit was oorspronklik langs die R59 by die Viljoensdrif/Ascotbrug afdraai aan die regterkant van die snelweg. Die gedenkteken was verskuif(?) na die Vereeniging Stadskouburg (Konstitusieplein) waar dit tans staan.”Ks

Samesteller K. Ströh

Fotos:Gys Ströh snr April 2021

Maak 'n opvolg-bydrae