Die Bosoorlog begin 26 Agustus 1966 1966-1989 BOSOORLOG Operasie Savannah 1975

26 Agustus 1966

Die begin van Die Bosoorlog 1966-1989

BOSOORLOGDie Suid-Afrikaanse Oorlog of ook bekend as die Bosoorlog of die Angola-Bosoorlog was ń stryd wat grotendeels in Suidwes-Afrika (Namibië ), veral op die grens en in die suide van Angola gevoer is.

Die konflik was tussen Suid-Afrika en geallieerde magte(UNITA) aan een kant en Angolese Regering, SWAPO en bondgenote, hoofsaaklik Kuba aan ander kant.

AANVANG VAN BOSOORLOG

26 Augustus 1966 begin Die Bosoorlog toe ń mag van 130 man ( 9 lede van die Valskermbataljon en die res polisiemanne) onder bevel van Kmdt Jan Breytenbach ń aanval geloods het op ń SWAPO-basis in Ovambo. (Ongulumbashe). Aanvanklik was hoofsaaklik polisie in stryd betrokke, weermag ń mindere rol gespeel.

SAW

Die Grensoorlog het die Suid-Afrikaanse leër ingrypend beïnvloed. Die leër was toe maar geskoei op oorblyfsels van die Britse leër en die Boerekommandos soos tydens ABO. Hul sterk punt was mobiele oorlogvoering soos uit ABO en bewys tydens WWII. Na die Tweede Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse leër nie baie aandag gekry nie en was nie deeglik voorbereid op ń konflik nie. Vrywillige dienspligstelsel is in 1962 vervang met ń lotingstelsel en in 1968 met ń verpligte dienspligstelsel van 12 maande.1973 neem die Suid-Afrikaanse leër (SAW) verantwoordelikheid oor vir bosoorlog by die SAP. Reorganisie in SAW kry dringende aandag, veral na 1974 en die SAW word ń mag waarmee rekening gehou moet word, veral wat vuurkrag en mobiliteit betref en hul snelle opmars het keer op keer teenstanders verras.

OPERASIE SAVANNAH 1975

Tydens Operasie Savannah het die Suid-Afrikaanse leër uitgeblink in mobiliteit.Die element van verrassing het groot rol gespeel. Ongelukkig het hulle ook swaar taktiese verliese gely. Dit was die eerste groot ervaring van gemeganiseerde oorlogvoering in die Afrika-bos en waardevolle lesse is uit hierdie operasie geleer, soos dat wapentuig en gevegsvoertuie ontoereikend is in harde gevegsterrein. Dit het gely tot snelle ontwikkeling en sterk , taai wapens, toerusting en harde voertuie is ontwikkel. ń Voorbeeld hiervan is die rateltaaie Ratel wat 1977 in gebruik geneem is. Die swak opgeleide Suid-Afrikaanse leër wat ondoeltreffend en swak toegerus was het ontwikkel in ń geharde opgeleide mag wat goed toegerus was met ń hoë moreel. ń Mag wat vir geen mag in die wêreld teruggestaan het nie. ń Mag om op trots te wees.

Verskeie suksesvolle operasies is uitgevoer met Operasie Reindeer as die eerste oorgrensoperasie(1978). Verskeie oorgrensoperasies is daarna geloods om SWAPO te ontwrig voor hulle die grens kon oorsteek het om sodoende ń onveilige situasie in SWA te skep.

Operasie Savannah Voortrekkermonument http://monument-sa.co.za/voortrekkermonument-pretoria/

AFLOOP 1989

Ongelukkig het die Bosoorlog baie politieke skade vir Suid-Afrika veroorsaak in internasionale wêreld.1989 onttrek die buitelandse magte(SA en Kuba) uit Angola. ń Gelyke dooiepunt bereik, leiersgroepe se besluite en onderhandelings. Namibië word onafhanklik.Die Angolese Burgeroorlog woed voort.Ks. Bron:Wikipedia. Die Ontwikkeling van die SA leër (journals.ufs.ac.za

Maak 'n opvolg-bydrae