Helderberg Vliegramp / SAL

28 November 1987 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 (Helderberg) val in die see

(Hannes Steyn Facebook )

Dekades terug, op 28 November 1987, het ‘n Boeing 747 genaamd Helderberg van die Suid-Afrikaanse Lugdiens met 159 mense aan boord in die middel van die nag oor die Indiese Oseaan verdwyn.

Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 was ‘n kommersiële vlug vanaf Taiwan na die destydse Jan Smuts Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika, met ‘n tussenstop in Mauritius.

In die begin was net een ding seker: daar was ‘n brand aan boord van die vliegtuig voordat dit in die lug opgebreek en in die Indiese Oseaan, sowat 180km. Oos van Mauritius neergestort het.

Daar was 140 passasiers en 19 bemanningslede aan boord: geen oorlewendes is gevind nie. Die vlieënier, was die 49-jarige kaptein Dawie Uys en sy assistent, David Attwell (37).

Die vlugopnemer is maande later in die see gevind, op ‘n diepte van 4900 meter.

Met slegs agt liggame, ‘n klein hoeveelheid wrakstukke en 100 sekondes se erg beskadigde kajuitbande, het ondersoekers voor ‘n byna onmoontlike taak gestaan​​… baie oor die ongeluk is onbekend en ondersoekers kon nie die presiese oorsaak van die brand bepaal nie. Terwyl sommige teorieë meer waarskynlik is as ander, is die waarheid dat ons waarskynlik nooit presies sal weet wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlug 295 laat val het nie.

’n Monument op ’n strand in Mauritius herdenk die lewens wat in die ongeluk verloor is. In Taiwan is daar ook ‘n monument opgerig.

Maak 'n opvolg-bydrae