Heldeakker / Pretoria / Paul Kruger / Graf / Udolpho

Heldeakker

Pretoria

Sentraal in die ou Pretoria.

Die Begraafplaas in Kerkstraat-Wes is ń gedeelte wat bekend staan as Die Heldeakker.

Hier is die grafte van talle bekende openbare figure, helde, bekende Suid-Afrikaaners en persone wat groot rol in geskiedenis van Suid-Afrika gespeel het.

Die begraafplaas is geopen in 1867 en die eerste persoon is hier in 1867 begrawe.

Die begraafplaas is gelys as Erfenisterrein en die vele bome en struike gee ń rustige effek.

Ongelukkig, soos in meeste begraafplase , het vandale ook al hier toegeslaan en groot skade aangerig. Agv veiligheid en kriminele aktiwiteite word die begraafplaas tans gesluit gehou.

Van die bekende persone wat hier begrawe of herbegrawe is, is:

Die bekendste, Paul Kruger en sy vrou Gezina. Grafsteen van sy dogter en skoonseun is ontwerp deur sy kleinseun Fanie Eloff –

Elsie Eloff 1853-1923. Paul Kruger se dogter

Willem Cornelis Janse v Rensburg 1818-1865, 2de Pres van die ZAR

Generaal Nicolaas Smit

Jopie Fourie

JH Pierneef, skilder

Louis Botha

Adv JG Strydom

Hendrik Verwoerd.

Andries Pretorius 1798-1853. Een van stigters van ZAR

Bronne: Internet. Besoek aan Heldeakker

Fotos: Gys Ströh snr 10 Oktober 2021 Kranslegging by Paul Kruger se graf.

Lys verskaf deur Joffre Papenfus:

Die lys van volksleiers en ander sluit in:

Burgergrafte Gewone ZAR Burgers

Pres. T.F. Burgers (oorl. 1881) Rebelleer teen die Kaapse(Staats) Kerk, tweede Staatspresident van die ZAR

Pres. W.C. Janse van Rensburg (1818-1865)President van die Uitvoerende Raad van die ZAR

Kmdt. J.J. Fourie (1879-1914)Boere-rebelleleier in 1914, deur die SAP-regering laat fusilleer

Dr. E.G. Jansen (1881-1959)Laaste Goeweneur-generaal van die Unie van Suid Afrika

Ds. A.J. Begeman (1831-1925) Eerste predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Pretoria gemeente

Ds. M.J. Goddefroy (1848-1920) Kerkleier in die ZAR en Transvaal, predikant van die NHK

Jan F.E. Cilliers (1897-1967) Afrikaanse volksdigter en stryder

Eugene Marais Volksdigter, skrywer, natuurnavorser, advokaat

J.H. Pierneef (1886-1957) Kunsskilder, vestig ’n eie Suid-Afrikaanse kunskarakter

Hoofkmdt. A.H. Potgieter (1792-1852) Voortrekkerleier

Vise-Pres. N.J. Smit (1837-1896) Vise-President van die ZAR 1887:

Kmdt. Genl. A.W.J. Pretorius (1798-1853 )Voortrekkerleier, held van Bloedrivier, vestiger van die ZAR

Adv. J.G. Strijdom (1893-1958) Republikein en vyfde Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika

Dr. H.F. Verwoerd (1901-1966) Eerste Minister, vestiger van afsonderlike vryhede, leier ter vestiging van die Republiek van Suid Afrika, 1961

Genl. J.H.M. Kock (oorl. 1899) Aanvoerder van die boeremagte teen generaal French te Elandslaagte

Veldk. A.P.J. van der Walt (oorl. 1861) Eerste veldkornet van Pretoria en eienaar van Elandspoort, een van die plase wat vir die aanleg van Pretoria deur M.W. Pretorius aangekoop is

Kapt. A von Dalwig (oorl. 1911) Kaptein van die Staatsartillerie, gewond in die slag van Dalmanutha

Zeiler-familie: Familie betrokke in die stigtings- en wordingsjare van Pretoria en die ZAR

Lt. Dr. HJ Coster (oorl. 1899) Staatsprokureur van die ZAR, sneuwel saam met genl. de Kock te Elandslaagte

J.H.R. de Villiers : Kaapse Rebelleseun

Dr. (med.) Otto Hahls : Staatsmedikus,

ZAROwerste (Lt. Kol.) H.P.N. Pretorius (1844-1897) Lid van die Staatsartillerie, o.a. tydens die slag van Blaauberg

Kmdt. Genl. Stephanus Schoeman (1810-1890) Kommandant-generaal van die ZAR, na wie Schoemansdal vernoem is

Jacobus S. Smit (1845-1904) Kommissaris van ZASM – Zuid Afrikaansche Spoorweg Maatschappij

Hendrik Stiemens (1822-1894) Eerste Superintendent van Onderwys in die ZAR

Hoofkommisaris Gerrit J. van Niekerk (1849-1896) Hoofkommissaris van die ZARP – ZAR Polisie

Kommandant Jopie Fourie Rebellie leier, gefussileer op 20 Desember 1914

FAK Udolpho Rivierplaas Parys Die Penkop OpstaanVrouebeeld

Paul Kruger graf

Heldeakker Pretoria

Blad van graf

Udolpho Rivierplaas

Parys

Vrystaat

PRETORIA:

Heldeakker in Pretoria waar verskeie historiese figure en Afrikaanse Helde begrawe is.

Dit is ook die rusplek van Paul Kruger. Gebore 10 Oktober 1825

Paul Kruger sterf 14 Julie 1904 in Clarens Switzerland.

Hy word begrawe in Pretoria 16 Desember 1904 in die heldeakker in Pretoria. Minstens 20 000 mense woon sy begrafnis by.

Op die graf word ń marmer kopbeeld van Paul Kruger geplaas en op die graf ń blad van Rustenburg Marmer aangesien Paul Kruger se plaas Boekenhoutkloof in Rustenburg distrik was.

Die bewoording op blad: Gestorven in Ballingschap Te Clarens, in Switzerland. Zijn H. Ed’s Leuze was steeds “Werptaluwe bekommernisse Op den Heere, Want Hy zorgt voor U. “1. Petri 5, vers 7.”

1995 word Paul Kruger se graf gevandaliseer.

Die marmer kopbeeld word afgestamp en gebreek en dit val op die marmerblad en veroorsaak ook groot skade in die vorm van krake deur die bewoording.

Die kopbeeld word gou vervang met ń veselsglas kopbeeld. Die blad word nie vervang nie. Die oorspronklike kopbeeld word bewaar en uitgestal in die Krugermuseum in Pretoria.

2018 word die beeld weereens deur vandale geteiken. Die hele glasvesel kopbeeld afgebreek. Na ń groot soektog word die kopbeeld gevind in ń klein geboutjie op die perseel. Een van die sekuriteitsbeampte het blykbaar die kopbeeld opgetel en gaan versteek.

Die FAK en ander organisasies spring in om die beeld te herstel.

Die kunstenaar Jacques Mûller kap ń splinternuwe kopbeeld uit graniet. Na deeglike navorsing o.a. bestudering van Coert Steynberg se Krugerbeeld by die Krugerhek van die Wildtuin en ook Jan F Cilliers se gedig oor Paul Kruger besluit hy om Paul Kruger uit te beeld as rotsvaste man van eenvoud. ń Man sonder fieterjasies.

Die oorspronklike beeld het ń serp en baie medaljes gehad.

Die nuwe kopbeeld vergestalt eenvoud, krag en rotsvastheid.

Jacques Müller kap hierdie kopbeeld van Paul Kruger uit pienk-grys graniet. Graniet dui op hardheid en die ongenaakbaarheid van hierdie kontinent.

Jacques herstel ook die beskadigde glasvesel kopbeeld van Paul Kruger. Die FAK skenk hierdie aan die Voortrekkermonument.

Die tydskrif, De Kat, vervang ook die beskadigde marmerblad. Die oorspronklike blad is gemaak van Rustenburgse graniet. Vir die nuwe blad word ń soortgelyke graniet, Waterbergse graniet gebruik aangesien Rustenburg graniet onverkrygbaar is. Waterbergse graniet is baie duur en baie aandag word gegee om dit so na as moontlik aan die oorspronklike blad te maak. Selfs gepoog om die bewoording presies dieselfde te maak alhoewel die ouer skrif nie meer gebruik word nie. Die blink in die graniet laat die beeld se gesig vreemd lewe soos die son verskillend daarop skyn.

10 Oktober 2018 word die herstelde graf van Paul Kruger onthul.

Die beskadigde blad van Paul Kruger se graf word op FAK Vakansieplaas Udolpho onthul en bewaar

UDOLPHO,

Parys

Oorspronklike beskadigde blad van Paul Kruger se graf.

1953 is die plaas Udolpho aan die FAK geskenk op 99 jaar bruikleen ooreenkoms.

Die voorwaarde is dat dit vir jeug en kultuur aktiwiteite gebruik moet word.

Die grootste deel van die plaas Udolpho het oorspronklik behoort aan Henning Klopper, trekleier van 1938.

Die FAK kom hierdie voorwaardes met groot sukses na.

Jeuggroepe soos Die Voortrekkers kamp dikwels in groot getalle op die plaas.

Bewaring van kultuurskatte is ń groot prioriteit.

2019 is die Penkop beeld met ryk simboliek onthul.

Reuse borde met name van seuns, Penkoppe, tussen 6 en 16 wat ABO oorleef het.

2020 is die vrouebeeld, Opstaan, ook met ryke simboliese betekenis, opgerig.

Borde met name van sowat 800 vroue en dogters wat kampe en ABO oorleef het.

Erg beskadigde grafstene van kindertjies in konsentrasiekampe, ABO word hier beskerm.

Die oorspronklike beskadigde blad van Paul Kruger se graf is vanaf die Heldeakker in Pretoria na Udolpho gebring om bewaar te word. Inligtingsborde ook daarby aangebring.

ń Ou Transportwa trek dadelik alle besoekers se aandag.

Bron: Internet. Maroela media. Afrikanergeskiedenis.com

Fotos: Mark Walkdenm Gys Ströh snr Okt 2021

Maak 'n opvolg-bydrae