Val / Mphumalanga

VAL

Mpumalanga

Die dorpie Val waar tyd gaan stilstaan het.

Hierdie rustige dorpie met ń ryke geskiedenis bied lafenis vir die siel.

Die dorpie ,Val, met sowat 10 permanente inwoners, sy eie polisiestasie met meer polisiemanne as inwoners verwelkom besoekers van heinde en verre.

Die ry skoene wat oor die elektriese kabel by ingang van Val hang, verklap al klaar: Hier is ń interessante plek om te besoek!

Die grondpad, Smith straat, eintlik die enigste straat aan duskant van spoorlyn lei reguit verby die Val Hotel.

Aan een kant van Smithstraat is die Val Hotel, Museum, winkeltjie, restaurant Moeggeploegkroeg, die kerk, die Smith begraafplaas, Sportgronde en verder af die Polisiestasie. Aan die ander kant van Smithstraat is die ou Poskantoor( omskep in verblyfplek), Val stasie en platform en die graansilos waar die nuwe silos uittroon bokant die ou silos.

ONTSTAAN VAN DIE DORPIE WATERVAL/VAL

Joseph Smith trou met Elizabeth Kerslake ongeveer 1870. Hy vestig ń plaas by Oudehoutspruit op die walle van die Watervalrivier. Sy twee seuns Arthur en Alfred Smith boer ook later in hierdie omgewing, so ook sy stiefseun, Kerslake.

Joseph is ń slim besigheidsman en hy vestig hier in 1888 ń broodnodige herberg op die koetsroete vir deurreisende koetse en hulle moeë passasiers tussen die Laeveldse goudvelde en Johannesburg. Die Stage Coach Inn of Jos Smith’ s Inn.

Die Waterval Poskantoor, ń hout en sinkgebou, open ook hier in 1888.

Gedurende die ABO word die Waterval Poskantoor gesluit, maar weer heropen in 1901. Beide hierdie geboue sluit in 1902.

Paul Kruger en die ZAR begin voor die ABO met uitbreiding van spoorlyne in die Transvaal. Joseph Smith bied ń hoërliggende stuk grond van sy plaas aan vir ń treinstasie aangesien die Watervalrivier soms sy walle oorstroom wat veroorsaak dat die herberg ontruim moet word. Hyself bou vir hom ń huis nader aan die treinstasie.

1896 word die spoor na Natal en die Val- stasie amptelik en seremoniëel geopen by Waterval. Elizabeth Smith bêre ń tydkapsule onder een van die spoorbrug se pilare.

ń Klein nedersetting ontstaan hier met ń treinstasie, algemene handelaar, hotel, poskantoor (Val), smidswinkel van Horace Fry en ń meule van Mnr Ambrosius, polisiestasie (1898) en Barclay’s Bank (1910).

ABO

Die inwoners van die nedersetting Waterval het goed met mekaar klaargekom. Harmonie het geheers tussen die verskillende groepe mense. Die oorlog bring verdeeldheid tussen Engelse en Afrikaanse mense.

Britse soldate word hier gestasioneer.

Joseph Smith verklaar sy neutrakiteit want hy het altyd ń goeie verhouding met Britse sowel as Afrikaanse bure gehad. Joseph word gedeporteer vir die duur van die oorlog. Sy vrou, Elizabeth Smith, hanteer die plaas en sy besigheid tydens sy afwesigheid. Dit was nie ongewoon dat sy tee op haar voorstoep saam met Afrikaanse vriendinne geniet en terselfdertyd verversings aan Engelse soldate by kombuis bedien nie.

Hier was vele skermutselinge tussen Boer en Brit in hierdie area.

Die bekendste is die Whisky trein voorval , 29 Desember 1900.

NA DIE OORLOGSJARE

Die “joiners” onder Afrikaanse inwoners het verdeeldheid en groot bitterheid veroorsaak.

Die Afrikaanse boere se huise en plase is afgebrand en verwoes, diere doodgemaak of weggevoer.

Die baie Afrikaanse “joiners” wat hulle gedurende die oorlog aan die Britte se kant geskaar het, het vinnig na die Vredesluiting ingeval by Jan Smute se beleid van: Vergewe en Vergeet.

Waterval se naam verander amptelik na Val.

Val Sportklub ontstaan op grond wat deur Smith familie geskenk word vir sportgronde.

1913 vertrek Ghandi per trein vanaf Durban na Johannesburg op ń vredestog. Hy word gearresteer op Val en daar vir een nag gevange gehou.

1994 VEILING

Val was ń lewendige en besige dorpie.

1970 word Val Stasie gesluit en geleidelik raak die dorpie ontvolk en verlate.

6 Julie 1994 word die Val Hotel per veiling verkoop aan André en Rita Britz wat jarelange familiebande met Val gehad het. Rita se Steyn, Engelbrecht en Van den Berg voorouers boer in hierdie area sedert 1886.

André en Rita herstel hierdie waardige ou dorpie tot sy volle glorie.

Die Val Hotel en verskeie geboue word gerestoureer en omskep in interessante verblyfplekkies.

Die interessantste staaltjies en stories word hier vertel en beleef.

elfs ń geheime kamer is ontdek met groot geheime.

Van die meubels is erfstukke van Rita se groot-groot Oupa of ou meubels gekoop by veilings soos bv vanaf die Ou Standerton Hotel se Dameskroeg

St FRANCIS ANGLIKAANSE KERK

Tot 1964 het die Anglikaanse gemeente maandeliks ń diens gehad in die skoolsaal van die Val Skool of aan huis van Mnr Quinton Smith.

1963 word die Church of St Francis of Assisi hier gebou en voltooi in Janiarie 1965.

Helen Lawrence ontwerp die kerkie volgens die St George Kerk, Witrivier.

Die kerkie klein, soos die kerkie op Devon.

1970 word die kerkie deur die weerlig raakgeslaan en erg beskadig.

1971 word die kerkie herbou.1

982 trou André en Rita in hierdie kerkie.

GEVALLE SOLDATE

ń Netjiese gedenktuin en gedenksteen is opgerig vir gevalle Britse doldate.

BOEKBEKENDSTELLING

2021 word die jong Russiese meisie, Lika Gorokhowa, se Afrikaanse boek, Oor die goudgeel vlaktes van Suid-Afrika, op die perron van Val se stasie bekendgestel.

Bronne:Internet. ñ Plekkie henaamd Val deur Rita Britz en Wessel Oosthuizen

Fotos: Gys Ströh snr 2019, 2021

Maak 'n opvolg-bydrae