Hanover / Trappieskop

Hanover

Trappieskop

Noord-Kaap

Hanover is ń klein tipiese Karoodorpie met tradisionele Karoostyl huisies.

Wye oop vlaktes met koppies en rantjies hier en daar versprei.

Trappieskop

Aan die kant van die dorp spog Hanover met ń koppie met ń klein monumentjie bo op die top.

Dit staan bekend as Trappieskop.

ń Voetpad met trappies lei tot bo op die koppie waar jy ń onbelemmerde uitsig het oor die hele dorpie.

1876 is Hanover as Magistraatsdistrik verklaar en die eerste magistraat was Charles Richard Beere. Hy het ń groot bydrae tot die ontwikkeling van Hanover gelewer. Hy meet erwe in die dorp af en pak grense met klippe wat hy op ń skotskar aanry. Hy laat onder meer die inwoners honderde bome, veral eikebome, aanplant vir koelte vir die nageslag.

Met die hulp van bandiete bou hy trappies tot bo teen die kop sodat toegang maklik is en koppie gereeld besoek kan word. Hy het dikwels op hierdie koppie gaan sit en die mooi Karoo beskou.

1881 is met sy dood ń klipstapel opgerig op die koppie om sy aandeel in die ontwikkeling van Hanover te eer.

Sterrewag

Die Karoo is bekend vir sy onbesoedelde lug en sterreprag. Dit maak dit ń geskikte plek vir sterrekyk. Op Trappieskop was SA se eerste sterrewag. Dit is later verskuif na Sutherland en van die instrumente glo na Colesberg en Naval Hill.

Bron: Ouer inwoners

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Maak 'n opvolg-bydrae