Hanover / ABO / Begraafplaas

Hanover

Noord-Kaap

ABO

Begraafplaas

Hanover het die geweldige gevolge van die ABO nie vrygespring nie en is die getuie van tragiese gebeurtenisse.

Tydens die ABO is Trappieskop gebruik as uitkykpunt deur die Britte.

Tydens die oorlog is ń trein ontspoor by Taaibosch, ongeveer 20 km vanaf Hanover. Drie jong mans word gevang en daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die ontsporing. Die 3 mans was slapend gevind in ń buitekamer op ń nabygeleë plaas. Hulle is aangekla vir die moord op passasiers en vir hulp aan boeremagte. Ten spyte van hul pleidooi as onskuldig word hulle op De Aar deur ń krygshof ter dood veroordeel en sterf Maart 1901 voor ń vuurpeleton. Tot die einde het hul volgehou dat hulle onskyldig was.

Sarel (Charel)Nienaber, Jan P Nienaber en Jan A Nieuwoudt is begrawe in ń gemeenskaplike graf in Hanover se begraafplaas. Romeine 12:19 grafskrif: “Mij komt de wraak toe, Ik zal vergelden, zegt de Heere. ” (Afrikaanse vertaling):” My kom die wraak toe, Ek sal vergeld”, sê die Here.

Olive Schreiner, bekende skrywer, en haar man en Generaal Wynand Malan het later ń lang stryd gevoer om die saak reg te stel en die 3 manne se name in ere te herstel.

Die Boerekommando in daardie area was onder leiding van Generaal Wynand Malan en hulle was verantwoordelik vir die ontsporing van die trein. Hy het verklaar dat die 3 jong manne onskuldig was en dat hulle in werklikheid gestuur was deur die Britte om voer vir die Britte se perde te versamel.

Bron: Internet

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Pos deur John Roderick:  1901.

Karel Gerhardus Johannes Nienaber (36) ;

Jan Petrus Nienaber (24) ;

Johannes (Jan) Andries Nieuwoudt (23) ,

op hierdie dag  voor ń vuurpeleton tydens die Anglo Boereoorlog op De Aar.

Die drie van hul was aangekla van moord, roof en hoogverraad.

Op die 18de Februarie 1901 was hul na bewering teenwoordig toe genl.Malan ń trein naby Taaiboshalte, net buite Hanover ontspoor het.

Dit was ń pik giet donker nag gewees, en dit het ook baie hard gereën.

Ongeag bogenoemde was daar enkele anderskleuriges, asook een ń Burgers wat onder eed getuig het dat hul teenwoordig was.

Dit is goed om te let op die feit dat die Burger later aangekla was van meineed.

Daarmee saam is dit op rekord dat die anderskleurige persone se getuienis mekaar geweldig weerspreek het.

Insigewend is ook die feit dat al drie van hul nie op kommando was nie.

Hul was werksaam op die plaas van Andries Pienaar wat op die plaas De Bad naby Hanover geboer het.

Dit is ongelikig ook so dat enkele kommando lede (van verskeie kommando,s) na die teregstelling geen genade betoon het aan anderskleuriges wat in Britse diens gevang was.

Op Hanover staan vandag ń obelisk, opgerig ter ere van die drie Burgers.

Daarop staan geskryf,

“Onschuldig dood veroordeeld door een militêre hof”.

Die onderskrif lees “Mij komt de wraak toe; Ik zal het vergelden, zegt de Heer.”

Maak 'n opvolg-bydrae