Hanover / Markplein/ Poskoets

Hanover

Markplein

Poskoets

Noord-Kaap

Hanover, ń bekoorlike klein dorpie in die Noord-Kaap, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad het ontstaan op die plaas Petrusvallei van Gert Gouws. Gert het in 1854 die grond verkoop vir vestiging van die dorp op voorwaarde dat dorpie Hanover genoem moes word, na die dorp van sy oupa se herkoms, Hannover Duitsland.

Die dorp het ontstaan rondom die NG Kerkgebou. Die gronde om die kerk was groot vir die uitspan van waens en osse en perde.

Die klip waarmee die kerk gebou is, is vanaf trappieskop met katrolle vervoer. Die Kerk het sentraal gestaan en die dorpserwe daarom uitgemeet.

Die huise moes direk en paralel langs die strate gebou word met die tuine agter die huise.

Stoepe en veranda’s is later oor die sypaadjie gebou en inwoners moes jaarliks een sjieling belasting daarvoor betaal.

1856 is 40 erwe verkoop. Daar was ook ń sterk fontein wat meer as 200 000 liter water per dag kon lewer.

Die dorp is beheer deur die kerkraad.

1859 is die eerste kerkie gebou.

1870 is daar reeds opgeteken dat leibeurte 2 maal per week volgens ń rooster vanuit die fontein verkry is.

Hoewel die leivore huidig erg verval is, is die oorspronklike erwe nog steeds geregtig op leineurte.

Hanover was eens ń florende dorp op die hoofroete na die binneland. Die markplein van Hanover was die stopplek vir koetse en waens op pad na die diamantvelde. Die poskoets het ook daar uitgespan. Die spore van die poskoets nog op die markplein(1652-1952), nou ń tuin met speelplek vir kinders. Die put waaruit die vrouens water geskep het is toegemessel. ń Gedenknaald vir burgers wat in Wêreldoorloë gesterf het is ook daar op die ou markplein opgerig.

1884 word die spoorlyn gebou en sny die dorpie uit wat ekonomiese ontwikkeling in Hanover verstadig.

Die later N1 sny tussen die dorp en die Begraafplaas deur.

Hanover met sy tradisionele platdakhuisies, Karoostyl, rustig en mooi behoue bied baie vir enige toeris. Gasvryheid en ou wêreldse gastehuise bied lafenis.

Die bekende skryfster, Olive Schreiner, het 1899 tot 1907 op die dorpie Hanover gewoon. Sy beskryf Hanover as :” one of the prettiest and nicest villages.”

Inligting: Internet, Ouer inwoners

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae