Hanover / NG Kerk

Hanover

NG Gemeente Hanover

Noord Kaap

NG Gemeente Hanover

Pastorie

Sendingkerkie

Hanover is ń klein dorpie halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad.

Hanover het ontstaan op die plaas Petrusvallei, die eienaar van die plaas was Gert Gouws.

Dit was vroeër deel van Graaff-Reinet distrik, bekend as die Bo-Zeekoeirivier. Die laaste seekoei is hier gejag en doodgemaak in 1775.

Die ver afstand na Graaff-Reinet het ń behoefte laat ontstaan vir ń eie dorp, veral geestelike behoefte aan ń eie kerk.

1854 word die plaas toe aangekoop vanaf Gert Gouws en sy voorwaarde was dat die nuwe dorp Hanover genoem moes word na die dorp Hannover in Duitsland. Hannover in Duitsland was die herkoms van Gert se oupa. Gert het aangebly op die dorpie en groot rol gespeel in bestuur en ontwikkeling. Die dorpie Hanover in die Karoo het slegs een “n” in sy naam, anders as Hannover in Duitsland.

NG Kerk Hanover

Die NG Kerk Hanover is gestig in 1856.

1857 is die eerste kerkie gebou.

Die kerk het sentraal gestaan met erwe daarom uitgemeet.

Geldelike probleme was daar maar altyd soos in alle klein dorpies en het groot beplanning geverg om omknappingswerk te doen. Gereelde fondsinsamelings is gehou, veral basaar en met groot sukses is veeveilings gehou.

1883 is die kerk afgepleister en nuwe sinkdak opgesit wat die ou grasdak vervang het.

1885 is ń galery aangebring vir meer sitplekke.

1886 is hierdie kerk weer feestelik ingewy nadat dit nuut geverf is, nuwe gordyne gehang is en nuwe behangsel vir kansel gemaak is.

Hierdie feestelikheid het sommer groot twis in gemeente laat ontstaan oor die “liedere” wat die koor in die gewyde gebou gesing het.

1891 is ń ringmuur en traliewerk om die kerk aangebring.

1897 is kerk weer binne opgeknap. Vloere is herstel en nuwe tapyte gelê.

Hierdie kerkie is in 1906 afgebreek en begin met die bou van ń nuwe groter kerk.

Die hoeksteen van die kerk is gelê 30 November 1907. Die kerk is ontwerp deur William Henry Ford wat tydens die ABO uit Australië na SA geëmigreer het volgens Gotiese Katedraalstyl en binne Art Nouveau.

Hierdie indrukwekkende gebou is in ń netjiese toestand en vol geskiedenis.

Die gekerfde kansel onder ń koepel die fokuspunt. Hierdie reuse preekstoel is deur Anton Anreith ontwerp.

Die ingangsportaal se uitstallings getuig van ryke geskiedenis.

Die netjiese houtbanke nooi gelowiges in.

Ds TF Burgers

Die eerste predikant was ds Burgers, latere President van die Transvaalse Republiek.

Ds Burgers was predikant tot 1872. Hy was baie omstrede, ń liberale denker wat groot nadruk op wetenskaplike bewyse gelê het, veral ook ten opsigte van die Skrif. Dit het hom in konflik gebring met die sinode. Tydens die laaste jare van sy verblyf hier was daar ń skeuring in die gemeente agv ń saak van Burgers teen die sinode. ń Gedeelte van die gemeente het afgeskei as De Vrye Gemeente. 1873 het die sinode hierdie gemeente as afsonderlike gemeente erken maar tog hereniging met oorspronklike gemeente aanbeveel, wat wel later gedoen is om weer een gemeente te vorm.

Pastorie

Die pastorie wat deur Ds Burgers gebou is was ongewoond. Gebou in ń B-vorm.

Volgens ds Burgers was dit B vir Bybel, maar volgens ongelukkige inwoners was dit B vir Burgers.

Karel Schoeman beskryf in sy boek oor Olive Schreiner die pastorie as: ” a somewhat bizarre double storeyed parsonage, disproportionately big for a small Karoo village.”

Die pastorie is in 1944 platgeslaan.

Slegs fotos van die indrukwekkende gebou wat gemeentelede so gegrief het is oor en pryk in die ingangsportaal van die kerkgebou.

Bron: Geneentegeskiedenis

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae