Beaufort-Wes / Republiekwording Monument

Beaufort-Wes

Wes-Kaap

Republiekwording Monument

Beaufort-Wes

Beaufort-Wes met sy verskeidenheid argitektoniese style; Victoriaans, Erwarduaans, Kaaps-Hollande, Gotiese boustyle en selfs die kenmerkende platdak Karoo huisies is ń juweel in die Karoo. Hierdie dorp het nog altyd ń aktiewe rol in die geskiedenis van Suid-Afrija gespeel.

1760 vestig Jacob de Clercq en sy seun hulle in gebied op plaas Hooyvlakte en vestig ń susesvolle skaapboerdery.

1818 word Beaufort gevestig op die plaas Hooyvlakte om wet en orde in Karoo te skep en landdros en predikant vestig hulle daar.

1815 tydens Slagtersnekopstand is 5 van die rebelle tereggestel en 7 is verban uit Graaff-Reinet na Beaufort area. Hulle het hulle hier in die Koup gevestig en groot aandeel gespeel in die ontwikkeling van die streek. Hulle vorm ook deel van ń kerngroep wat 1837/1838 die area verlaat as deel van die Groot Trek die binneland in.

1838 Deel aan Groot Trek

1869 Die dorp se naam verander na Beaufort-Wes.

1873 Beaufort-Wes kry munisipaliteitstatus

1938 tydens Simboliese Ossewatrek en Eeufeesvieringe is daar groot opgewondenheid en meelewing. Name word verander soos Markstraat wat verander word na Voortrekkerstraat.

1963 word die Ossewatrek weer hier herdenk

1961 met Republiekwording word hier in Beaufort-Wes ń week lank feesgevier

1971 met 10 jarige viering van Republiekfees word ń Monument opgerig op koppie wat uitkyk op die dam. Huidig daarnaas ook ń kruis opgerig.

Bron: Internet. Courier.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Maak 'n opvolg-bydrae