Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 34 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Gerrit Maritz sterf.

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 34

Die Groot Trek

1836 -1838

Gerrit Maritz sterf.

” Paul, Oom Gerrit Maritz is nou ook dood. Hy was baie siek. Die koors het hom doodgemaak.

Nou is al ons leiers dood.

Hierdie is ń hartseer tyd vir ons trekkers.

So baie mense is dood die afgelope tyd.

Eers al die moorde by Bloukrans.

Toe is Oom Piet Retief en die 100 mans saam met hom ook vermoor.

Toe die hinderlaag by Italeni waar Dirkie Uys en sy pa dood is.

Nou is Oom Gerrit Maritz ook dood.

Orals huil en treur ons mense.”

“Ja Sus Fientjie, ek weet.

Dit gaan sleg in die laers.

Orals is modder, dit reën baie hier in Natal.

Die mense is siek, party het griep. Hier is ook ń hele klomp kinders met masels.

Daar is so baie mans dood, hulle vrouens en kinders moet nou alleen sukkel met hulle waens en om kos in die hande te kry.

Die kos in die laers is baie min.

Die Zoeloes het ons troppe vee gesteel.

Die Zoeloes bly aanval. Gelukkig kan ons hulle elke keer stuit.”

“Paul, Pappa sê hy gaan terug trek oor Drakensberge. Hy bly nie langer hier in Natal nie.

Hierdie Zoeloes is te gevaarlik. Hulle skuil orals.

Ek is bly ons gaan weg trek uit Natal uit.

Hier gaan ons almal nog vermoor word.”

“Sussie, waar is jou geloof?

Die Here sal ons hier help al is dit moeilike tye. Ons moet net aanhou bid en glo.

Oom Karel Landman is darem nog hier. Hy is solank ons leier.

Hy sê ons trekkers moet bymekaar bly, waaksaam wees en te alle reg wees om die laers te verdedig.

Ons het die Zoeloes darem by Veglaer ook kon terug dryf.”

“Paul, Mamma sê ook sy bly net hier.Ons het te ver gekom en reeds te veel mense verloor. Ons kan nie nou omdraai nie.

O Paul, ek is baie bang.”

“Fientjie, moet nie bekommerd wees nie.

Hulp is op pad.

Oom Gerrit Maritz het mos voor hy dood is al gevra vir hulp daar uit die Kaapkolonie.

Oom Andries Pretorius is haastig op pad om ons te kom help.

Hy is ń slim en sterk leier.

Hy sal planne maak om ons te help.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae