Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 33 / Die Groot Trek 1836 -1838 / Britte skuil op ń skip in Port Natal (Durban)

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 33

Die Groot Trek 1836 -1838

Britte skuil op ń skip in Port Natal (Durban)

“Paul! Het jy gehoor wat het met die Engelse gebeur? Hulle wou ons kom help het, maar die Zoeloes het hulle ook aangeval.

Lyk my daardie wrede Dingaan het nou mal geword. “

“Ja Sus Fientjie. Dit is vreeslik.

Jy is reg, die Engelse in Port Natal wou ons trekkers kom help het.

Hulle was maar net 17 Engelse soldate , maar daar was darem ñ 1000 Zoeloes by hulle wat hulle wou gehelp het.

Hierdie 1000 “mak” Zoeloes het ook almal lankal weggevlug vir Dingaan. Hulle is vlugtelinge wat by die Engelse in die hawe gaan skuil het. Hulle het daar vir die Engelse gewerk.

Hulle het daar vir hulle wrede leier Dingaan af weggekruip.

Hulle wou die Engelse gaan help om Dingaan te keer.

Dingaan is so wreed, hy maak sy eie mense ook sommer dood.

Hulle het gekom tot by die Tugelarivier.

By die Tugelarivier het Dingaan se Zoeloe impies hulle aangeval. Duisende vegters het hulle aangeval.

Dingaan se vegters was te veel en hulle is wrede vegters.

Die Engelse en hulle Zoeloe helpers het dapper teruggeveg, maar Dingaan se magte was te sterk vir hulle.

Dingaan het meer as ń 1000 mense daar doodgemaak.

Die laaste paar het maar weggevlug en is terug Port Natal toe.

Die wrede vegters van Dingaan het hulle agterna gesit.

Hulle het almal in die hawe ook gaan aanval.

Die laaste paar Engelse wat oorleef het, het op ń skip wat in die hawe was gaan wegkruip.

Gelukkig kon Dingaan se vegters hulle nie daar bykom om ook te vermoor nie.

Hulle het 9 dae daar op die skip weggekruip terwyl Dingaan se manne alles in die hawe verwoes het.

Hulle het toe maar met die skip weggevaar terug Kaap toe.”

“Paul, dinge lyk sleg vir ons hier in Natal.

Natal is mooi, maar Dingaan is wreed en gevaarlik.

Ons leiers Piet Retief en Piet Uys is altwee dood.

Oom Gerrit Maritz is baie baie siek.

Oom Hendrik Potgieter is kwaad omdat mense sê hy moes Oom Piet Uys gaan help het en nie weggevlug het nie.

Wat gaan van ons word?”

“Sussie, ons moet bid en glo.

Oom Maritz het vir hulp uit die Kaap gevra.”ks

Fiktiewe stories uit die geskiedenis vir my kleinkinders : Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae