Kinderlewe in Suid-Afrika
Deel 25
Die Groot Trek
1836 -1838
Bloukransmoorde
“Paul, Paultjie, hoekom huil jy?
Wat het gebeur?
Is my maatjies veilig daar langs die Bloukransrivier? “
“Sus Fientjie vandag moet jy sterk wees.
Ons bring baie slegte nuus
Al die mense daar langs die Bloukransrivier is dood.
Die Zoeloes het hulle doodgemaak.”
“Nee! Waar is my maatjies?”
“Sussie ons het hulle almal sommer net daar begrawe. Ons wil nie hê die aasvoëls en roofdiere moet aan hulle vreet nie, toe begrawe ons hulle liewer daar langs die rivier.”
” Boetie kan ek en Mamma gaan kyk of daar nie dalk nog iemand lewe nie.”
“Beslis nie Sussie.
Dit is vreeslike gesig.
Daar is bloed orals.
Tot die sterkste ooms het naar geword en begin huil.
Al langs Bloukransrivier het die Zoeloes die mense wat vooruit getrek het doodgemaak..
Almal doodgesteek met assegaaie en uitmekaar gekap.
Party sommer met knopkieries doodgeslaan.
Tot die honde en hoenders is doodgeslaan.
Party van die mans en vrouens het dapper geveg voor hulle doodgemaak is.
Ander het probeer wegkruip onder ń ossewa en agter die wawiele, maar ook daar is hulle gekry.
Ons het tot dooie mense uit bome gehaal. Van die vrouens het in die bome geklim en probeer wegkruip, maar die wrede Zoeloes het hulle sommer aan hulle hare uit die boom uitgepluk of daar tussen die takke doodgesteek.
Tot die babatjies is doodgemaak. Hulle koppies papgeslaan teen die wawiele.
Honderde van ons mense is doodgemaak.
Al die waens is aan die brand gesteek.”
“Paul, hoor hoe huil die mense!
Wat gaan ons nou doen? “
“Fientjie, ek weet nie.
Ons verwag nou enige dag vir oom Piet Retief.
Hy sal weet wat om te doen.
Ons gaan nou weer ry om verder te gaan soek.
Ons moet by al die uitspanplekke gaan soek.
Dalk lewe daar iemand nog.”