Kinderlewe in Suid-Afrika
Deel 11
Die Groot Trek 1836 -1838
Vegkop 2:
“Paul dit was ń vreeslike geveg. Ek was baie bang. Kyk hoe baie assegaaie lê hier om ons .Party van ons mense het lelik seergekry. Maar ek dink ons het gewen want die aanvallers het almal gevlug. Kyk hoe baie dooie Matabeles lê hier om ons waens.”
“Fientjie, jy was vandag ń dapper dogtertjie .Nie eers een keer gehuil of gekerm nie. Jy en mamma het so hard gewerk om ons gewere te laai. As julle nie so vinnig was nie, moes ons ophou skiet en dan was ons in groot moeilikheid.”
“Paul, het jy gesien? Daardie tannie het sommer een van die Matabeles se hand afgekap toe hy onder die wa deurgekruip het .En hulle het ń klomp waens aan die brand gesteek. Gelukkig kon ons vrouens die vuur gou gou blus.”
“Ja. Die Here het ons gehelp vandag. Gelukkig het ons geweet die Matabeles kom ons aanval. Weet jy daar by die Vaalrivier het hulle die Liebenbergs aangeval in die nag en amper almal doodgemaak. Hulle het die aanval nie verwag nie. Die Liebenbergs het nie hulle waens betyds in ń laer getrek nie.”
“Ag nee Boetie. Dit is baie hartseer. Ek is bly ons kon die Matabeles keer. Hulle het al ons osse saamgevat. Waarmee gaan ons nou die waens trek?”
“Moet nie bekommerd wees nie Fientjie. Al die inheemse mense is nie ons vyande nie. Die een kaptein hier naby het gesê hy sal vir ons osse stuur om ons te help.”
“Oom Hendrik Potgieter sê hierdie plek se naam is nou Vegkop. Daar roep Oom Sarel Cilliers ons nou almal.
Ons gaan nou bid en vir die Here dankie sê.”
Fiktiewe stories vir my kleinkinders: Kobie Ströh
Foto;s en illustrasies: Geleen vanaf internet.