8 Mei 1915 / Die Gelofte van Sam Khubis (Sam!Khubis)/ Rehoboth Basters / Namibië

8 Mei 1915

Die Gelofte van Sam Khubis (Sam!Khubis)

Rehoboth Basters

Namibië

Die Rehoboth Basters

Die Rehoboth Basters is ń sterk trotse Afrikaanssprekende gemeenskap gevestig in Rehoboth, suid van Windhoek.

Hulle is die nasate van Europese kolonialiste en die inheemse Khoi-mense van Suidelike Afrika.

Onder leiding van hul Kaptein Hermanus van Wyk het díe groep mense uit Noord-Kaap getrek en hulle gevestig in Rehoboth.

In 1885 het Kaptein Hermanus van Wyk ń ooreenkoms geteken tussen die Duitse Regering en die Basters.

ń Ooreenkoms van vriendskap en beskerming wat die regte van die Basters erken.

Hierdie ooreenkoms het goeie samewerking te weeg gebring totdat die Tweede Wêreldoorlog 1914 groot konflik veroorsaak het toe die Basters geweier het om saam met die Duitse Magte teen Suid-Afrikaanse Magte te veg.

1915 WWI

Die Basters weier om die wapen op te neem teen Suid-Afrikaanse Magte toe díe dreig om Duits-beheerde Suidwes-Afrika in te val.

Duitse magte gee opdrag dat gewapende Baster troepe na Otjiwarango moet gaan om krygsgevangenes te bewaak. Die Basters kry 3 dae grasie om te gehoorsaam, indien nie, moet hulle wapens ingehandig word.

Ondertussen het die Duitse magte reeds by Sandputs en Rehoboth begin om Basters met geweld te ontwapen.

Verset daarteen lei tot skermutselinge en die dood van Basters sowel as Duitse soldate.

Gesinne Basters vlug na Sam Khubis, hulle laaste veilige vesting.

Onderweg word groepe mans, vrouens en kinders aangeval.

Sam Khubis

Vroegoggend 8 Mei 1915 val die Duitse Magte Sam Khubis aan.

Die geveg duur die hele dag.

Die Basters besef hulle staar totale uitwissing in die oë.

Hulle is meestal ontwapen en die ammunisie is byna gedaan.

Hulle is vasgekeer en teen die groot getalle van die Duitsers en hulle gevorderde wapens en kanonne kan hulle nie bly staan nie.

Gelofte van Sam Khubis

Die Basters lê ń gelofte af dat hulle díe dag sal herdenk en hulle vra om God se beskerming.

Die volgende oggend is die Duitsers weg. Onttrek!

Sedert 1977 kom die Basters gereeld elke jaar by Sam Khubis bymekaar vir ń tweedaagse herdenking van hierdie gebeure.Ks

Bron en fotos: Internet

Maak 'n opvolg-bydrae