Strydpoort / Eldorado / KwaZulu-Natal Grafte op Strydpoort

Strydpoort

Eldorado

KwaZulu-Natal

Grafte op Strydpoort

Privaatgrond/plaas

Potgieter en Maritz

Trekleiers Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz het dikwels van mekaar verskil en koppe gestamp.

Aanvanklik was weiveld vir hulle groot troppe vee die oorsaak van geskille.

Potgieter wou van meets af nie Natal toe trek nie en toe hy wel saamtrek het die verskillende trekleiers aanvanklik verskillende roetes gevolg, maar wel later dieselfde roete oor die Drakensberge gevolg.

By Strydpoort het ń groot stryd tussen Potgieter en Maritz ontstaan.

Die kwessie van leierskap was maar altyd daar en toe bestuur verkies is, is Potgieter nie herverkies nie.

Na die rampspoedige gebeure by Italeni en die dood van Piet Uys, het Maritz en van die Trekkers Hendrik Potgieter kwalik geneem vir die mislukking en Potgieter en sy trekgeselskap trek terug oor die Drakensberge.

Vandaar die naam Strydpoort.

Stryd tussen Potgieter en Maritz.

Strydpoort

Na die Slag van Boedrivier is hierdie plaas aan ń Roberts toegeken.

Hy het die plaas verkoop aan Pretorius en dit is in hierdie begraafplaas op die plaas waar die Pretoriusfamilie ń laaste rusplek gevind het.

Rondom die grafte is ń klipmuur wat in proses van herstel is, onder die bekwame hande van die huidige plaaseienaar.

Van die grafte het ook al onder die hande van vandale deurgeloop soos o.a. die oudste graf waar ń dogtertjie begrawe is, wat gebreek is en van haar beendere verwyder is.

Interessant hier is dat direk langs die familiegrafte 102 agterryers en Boesmans begrawe is, almal wat saam met Pretorius was en hom gehelp het.

Hier ĺê familie en werkers langs mekaar begrawe.

Planne om hierdie grafte ook weer in ere te herstel is reeds in werking gestel.

Dankie Johan Outram van ATKV Drakensville vir die toer na hierdie grafte toe.

Kontak Drakensville gerus vir toere na hierdie interessante terreine toe.Ks

Bron: Internet.Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021

Maak 'n opvolg-bydrae