4 Julie 1879 / Slag van Ulundi / Anglo-Zoeloeoorlog

4 Julie 1879

Slag van Ulundi

Anglo-Zoeloeoorlog

Die Slag van Ulundi het op hierdie dag tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog in Natal plaasgevind.

Na die groot neerlaag van die Britte tydens die Slag van Isandlwana was die Britte gretig om hulle eer te herstel.

Die Britte begin met ń opmars en die Zoeloes val hulle aan in die bekende horing formasie (horing-van-die-os).

Die Britte slaag daarin om die aanvalle af te weer.

’n Britse mag onder bevel van Lord Chelmsford van ongeveer 5 200 soldate en sowat 15 000 Zoeloekrygers is in ń verbete geveg.

Die Britte verslaan die Zoeloes en die Zoeloekoning Cethswayo ( Ketsjewajo) slaan op vlug.

Meer as 1000 Zoeloekrygers sterf.

Aan Britse kant is verlies 3 offisiere en 79 manskappe.

Die kraal van Cethswayo word deur die Britte afgebrand.

Cethwayo word Augustus in die Ngome woud gevange geneem. Daarna word hy in die Kasteel, Kaapstad, opgesluit. Hy word verban na Robbeneiland. Die Zoeloes se mag word finaal gebreek en beëindig die Anglo-Zoeloe-oorlog.

Maak 'n opvolg-bydrae