Vuurtoring Seal Point Cape St. Francis Oos- Kaap

Cape St Francis / Seal Point; 1878 Vuurtoring/Lighuis

Pragtige wit vuurtoring met 2 oorspronklike huise troon bo die rotse uit en stuur 8 kragtige ligstrale uit om naderende seemanne te waarsku dat hierdie ñ gevaarlike kuslyn is. Die rotsriwwe strek tot 1 km diep in die see in en het al menige skip laat vergaan, veral in mistige weer.

1871 het die Kaapse Goewerneur, Sir Henry Barkley, ń paar manne gestuur op ń inspeksietog om ń geskikte terrein te vind vir ń vuurtoring aan die ooskus van die kolonie. ń Ossewa tog oor moeilike terrein, wat weke lank geduur het. Hulle rapporteer terug:

” After spending several hours in seeking for a suitable site we decided om a spot about 250 to 300 yards N 201° W magnetic from the pitch of Seal Point which commands a clear view of the coast to the Westward, and as far Eastland as N 82°30′ E magnetic. This spot which is distinguished by a large isolated rock about 20 feet high with a small pool of water at its base …”

Jason Flack ontwerp die toring (1872) en N Godfrey van Kaapstad ( wat ook Bird Island se vuurtoring gebou het bou die toring met die hulp van 12 manne. Joseph Flack wat ook betrokke was by die bou van Robbeneiland se vuurtoring sterf voor voltooiing van hierdie vuurtoring (1876) aan ingewandskoors(typhoid fever).

4 Julie 1878 word die lig in die Seal Point/ St Francis toring aangesteek.

Aanvanklik een wit lig wat elke 15 sekondes blits teen 15 000 kerskrag, olie lantern (oil burner), later vervang met sterker gloeilampe wat huidig elke 5 sekondes blits teen meer as 2 miljoen kerskrag, sigbaar vir 28 seemyl. Vuurtoring is ook toegerus met ń mishoring, misverklikker en ń radiobaken.

St Francis vuurtoring is teen byna 28 meter hoog die hoogste kliptoring in SA.

Die voordeur met klippilare weerskante en by ingang is ń pragtige houtdeur met glaspanele in waaiervorm daarin. Die vensters het houtrame en party is rond soos patryspoorte.

11 Mei 1984 is hierdie vuurtoring as Nasionale Monument verklaar.

Enkele voorbeelde van die menigte skepe wat hier gestrand het;

1690 De Noord ( Hollands Oos Indies)

1840 Hope (kleiner skip wat goedere vervoer het tussen Kaapstad en PE.)

1850 The Queen of the West

1850 L’Agile

1959 Lady Head by Kromrivier (daar word vermoed dat die swane in daardie omgewing afkomstig is vanaf daardie skip.)

Bron; Internet.  Lighthouses of SA Gerald Hoberman.   Fotos:Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae