Humansdorp NG Kerk Humansdorp Oos-Kaap

Humansdorp het sy ontstaan te danke aan die afstigting van die NG Gemeente Humansdorp.

NG Kerk Humansdorp is in 1849 gestig as die 40ste gemeente van die NG Kerk. Die gemeente is afgestig vanaf die Uitenhage moedergemeente.

Tot 1859 was die gemeente bekend as Alexander na die naam van die leraar van die moedergemeente ds Alexander Smith.

Mnr MG Human het grond aan die kerk geskenk waarop in 1853 dorpserwe uitgelê is en vandaar Humansdorp.

Die eerste kerkgeboutjie was op die plaas Geelhoutboom (Kerkplaas).

Met die ontstaan van die nuwe dorp is die kerk geskuif na die dorpserwe toe. Die gebou op Kerkplaas is verkoop en is huidig net ń murasie.

31 Augustus 1851 is die nuwe kruisvormige kerkie ingewy. Prop WF Heugh (boorling van Uitenhage) wat pas teruggekeer het uit Nederland waar hy sy studie voltooi het, het die diens waargeneem. Sy preek in beide Engels en Nederlands het die gemeentelede so beïndruk dat hulle eenparig besluit het om hom dadelik te beroep.

1895 word die kloktoring opgerig

1896 word ń heining van sierlike ystertralies opgerig.

Nuwe kerkgebou

1952 word hierdie kerkgebou en die pastorie gesloop en ń nuwe kerkgebou opgerig. Neo-Bisantynse styl (Gewild 1940 tot 1960), argitek Hendrik Vermooten.. Daar het van die oorspronklike kerk net van die traliewerk behoue gebly.

Weerhaan

1969 verskyn daar ń kraak in die toring en tydens die herstel daarvan word vasgestel dat die haan die kraak veroorsaak het. Die weerhaan kry toe sy eie toring op die grond, waar hy huidig nog pronk.

Bron:Gemeentegeskiedenis. Foto: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae