Versteende Hout The Coffee Patch Bergville

Versteende Hout

The Coffee Patch

Bergville

Digby ATKV Drakensville op pad na Bergville pronk hierdie koffiewinkeltjie…The Coffee Patch.

Buiten die heerlike kos, lekker speelplek vir kinders en plaasdiere vind ons hier ń verrassende verameling van versteende hout.

Pragtige voorbeelde van reuse bome wat miljoene jare gelede hier gegroei het en die stamme en stompe wat oor baie jare versteen geraak het.

ń Ware fonds. Al die versteende boomstompe is in die area op die plaas gevind.

Die skalies en sandsteen van die Molteno en Elliot formasies (Strormberggroep) in hierdie area is ryk aan plant fossiele (Molteno) en dinosaurus fossiele (Elliot). Sien bygaande diagram uit Geological Journeys SA deur Nick Norman en Gavin Whitfield.

Vir bykans 50 miljoen jaar (240 tot 190 miljoen jaar gelede) was daar ń bykans ononderbroke tyd van sedimentasie en afsetting.

Die lewe op Gondwana land was jonk.

Stadig en stelselmatig is die land opgevul met bitter min verwydering van materiaal.

50 miljoen jaar se aanhoudende fossiel oorblyfsels en bewyse is gevorm en bewaar.

Die verskillende lae net onder die basalt wat die Drakensberge se top vorm, is nou blootgestel deur eeue lange erosie en sodoende word die kosbaarste fossieldraende lae blootgestel. Ks

Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021

Maak 'n opvolg-bydrae