Slag van Rensburgdrif / 27 Oktober 1900 / ABO

Slag van Rensburgdrif

27 Oktober 1900

ABO1900:

Daar is gedurig botsings met die vyand, met wisselende geluk.

Die net om De Wet trek al stywer.

Die Britte agtervolg De Wet en probeer om hom en sy manne vas te keer.

20-25 Oktober Die Slag van Frederikstad.

De Wet val Genl Burton by Frederikstasie aan. Hy keer die Britte hier 5 dae lank vas.

Burton vra versterkings aan.

Te wyte aan slegte verkenning moes De Wet beleg opgee en vlug.

Groot verlies aan Boerekant: 30 man gedood of gewond.

Agtervolging

25 Oktober verenig die Britse magte. Knox se manne sluit by Burton se magte aan.

Hulle besluit om De Wet vas te keer.

Die Britte neem Potchefstroom in en Le Gallais bly daar agter ingeval De Wet daar verby kom.

Die Britte kry inligting dat De Wet die Vaal gaan kruis by Lindequesdrif en stuur dadelik vir La Gallais daarheen om die roete af te sny.

Slag van Rensburgdrif

Genl de Wet verander sy plan om Lindequesdrif te gebruik en beweeg na Schoemansdrif toe. Verkenners rapporteer dat Knox se magte roete daar ook versper.

Christiaan de Wet en sy manne beweeg verder af na Rensburgdrif toe en span daar uit by Kopjeskraal.

Teenwoordig is Genl Froneman en sy Oos-Vrystaatse mag, Kmdt Roos met Vrede Kommando, Kmdt Truter van Harrismith, Kmdt Van Aarde Kroonstad, Kmdt Steenkamp Heilbron, Luit Strydom OVS Artillerie korps.

Hulle het 3 kanonne, waarvan een erg beskadig is by Frederikstad.

Verkenners word al langs die Vaalrivier uitgeplaas terwyl manne bietjie rus.

Die manne gaan nou groepsgewys deur die rivier by Rensburgdrif.

Ondertussen is die Britse magte op pad en nader vanuit verskillende rigtings.

Skielik word die niksvermoedende Boere bestook.

Knox en Le Gallais is op hulle, bewapen met hele paar kanonne.

Knox vuur vanaf ń koppie na die laer van De Wet.

Hewige bombardement , tot 50 kartetse vanaf pom-pom kanonne.

Die ammunisiewa word ook getref.

Chaos bars los. Die burgers vlug terug oor die rivier.

ń Hewige reënbui bars uit en gee aan De Wet en burgers kans om te vlug.

Ongelukkig moes hulle die kanonne agterlaat.

Genl de Wet steek die rivier by Viljoensdrif oor.

Die agtervolging word voortgesit.

Bronne: Christiaan de Wet JD Kestel.Eensgesind: https://eensgesind.com/die-slag-van-rensburgdrif/

Fotos: Gys Ströh snr 2021

Maak 'n opvolg-bydrae