Negosie Museum Winterton

Negosie Museum

Winterton / Bergville

KwaZulu-Natal

Negosie Museum / Sandra se winkel

Hierdie juweel is ń stappie terug in tyd, ń tydkapsule.

Sandra se winkel is ń tipiese winkel uit die 1960’s , propvol gepak met ware in oorspronklike verpakkings, geseëlde verpakkings.

Meeste ware is nie te koop nie, bloot vir nostalgie en bewaring.

Hier beweeg jy werklik terug in tyd, tye van die Indiërwinkel en Joodse winkel.

Herinneringe van kleurvolle klipharde lekkers en “nikkerballs” wat in bruinpapierkardoesies gegooi is en houtkratte vol koeldrankbottels.

Rakke vol blikkieskos opgestapel, koffie en tee, rolle lap, gare, naalde en spelde, sakmesse, skeermeslemmetjies(Minora), klere, boeke, medisyne, Shu-shine, Zebra politoer, handgemaakte seep en selfs kou-tabak…alles onder een dak. Net soos lank gelede.

Lesotho

Sandra Lemmer het hierdie kosbaarhede in Lesotho gevind.

ń Winkel wat gesluit gestaan het vir meer as 30 jaar.

Sy koop die winkel uit die boedel van J Millar & Son, algemene handelaars in Lesotho.

Al die inhoud word versigtig verpak en gebring na Winterton.

Winterton.

Negosie Museum.

Sandra vind ook 3 sinkstore daar wat sy koop en kom her-oprig op die familieplaas buite Winterton.

Hierdie store omskep sy in ń Algemene Handelaar Museum, ń Hardeware Museum en ń antieke winkel waar versamelaars na harte kosbaarhede kan aankoop.

Sommige van die items in die museum is/word verkoop om die groot kostes te dra, veral die aanvanklike ontsaglike kostes van aankoop, verskuiwing en her-oprigting.

Sandra se winkel kan ten beste beskryf word soos sy tereg vertel dat ń 90 jarige dame binnegestap het en opgewonde gesê het: “Oh my, I’m back in the days of my youth!”

Dankie Sandra vir hierdie bewaringswerkKs

Bronne: Internet. Facebook.

Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021

Maak 'n opvolg-bydrae