Theunissen / Trein / NG Kerk Theunissen / NG Kerk Theunissen-Wes / Gereformeerde Kerk Theunissen

Theunissen

Trein

NG Kerk Theunissen

NG Kerk Theunissen-Wes

Gereformeerde Kerk Theunissen

THEUNISSEN

Die dorp Theunissen het sy ontstaan hoofsaaklik te danke aan die Spoorlyn netwerk in SA.

Die trein wat by die ingang van die dorp pryk is nie sonder rede daar geplaas nie, maar herinner Theunissen aan sy ontstaan.

Die Smaldeel stasie was wes van Winburg op die spoorlyn tussen die Witwatersrand goudvelde en die Kus.

Winburg self was nie verbind met die hoofspoorlyn nie en daarom het inwoners aangedring dat ń spoorlyn gebou moes word tussen Smaldeelstasie en Winburg. Hierdie spoorlyn is geopen November 1898.

Smaldeel het vinnig gegroei en inwonertal het toegeneem.

ń Versoek word aan die Volksraad gerig om ń dorp te stig by Smaldeel.

Groot twis en stryd ontstaan tussen 2 groepe mense. Een groep, inwoners en boere rondom Smaldeel onder leiding van Kommandant Helgaard Theunissen dien versoek in.

Tweede groep inwoners en boere van distrik Winburg staan aansoek teen op grond daarvan dat besighede en handel in Winburg gaan skade ly.

Die aansoekers se motivering: Smaldeel is ń belangrike stasie met volle personeel en ń verversingskaner. Daar is reeds 7 algemene handelaars, 1 slaghuis, 2 bakkerye, 2 losieshuise, ń groot staatskool met 1 hoof en 2 assistent onderwysers en 100 leerlinge daagliks, ń NG Kerk en hofgebou. Daar is reeds ń bevolking van 400 waarvan 200 gekleurd is. So ń groot groep mense het beheer nodig: sanitasie, paaie, reëls en regulasies nodig en beheer oor inheemse bevolking en rondloper diere.

Die Volksraad stel kommissies aan om saak te ondersoek en vele onderhandelings en ondersoeke en ondernemings volg.

Die Volksraad se bevinding: Daar is wel ń behoefte op die plaas Smaldeel om ń dorp te stig.

6 Maart 1907 word die dorp gestig en vernoem na Kommandant Theunissen , leier in die gemeenskap en dapper leier van die plaaslike kommando tydens die ABO.

NG KERK THEUNISSEN

NG Kerk Theunissen is 1910 afgestig van NG Winburg.

Dienste word eers deur Winburg se predikante in ń ou sinkgebou gehou, die Noodkerk.

Hierdie was ń vooraanstaande gemeente so op die rand van die Vrystaatse goudvelde.

1911 is ń kerk gebou, eers sonder ń toring, maar díe is later jare bygevoeg.

Die eerste leraar was Ds JD Louw wat gemeente bedien het van 1911 tot en met sy sterwe 25 Mei 1920. Sy graf is langs die kerk.

NG Kerk Theunissen-Wes is 1962 gestig.

Sedertdien het dorpie gekwyn en huidig deel NG Kerk Theunissen en Theunissen-Wes ń predikant.

GEREFORMEERDE KERK THEUNISSEN Gereformeerdes het onder Ventersburg geval.

Die lang afstande ( 5-9 ure te perd en nog langer per wa) en vol riviere in reënseisoen het dit vir lidmate moeilik gemaak om Kerk by te woon.

1910 is ń versoekskrif deur lidmate ingedien om apart bedien te word.

Afsonderlike plaaslike bediening is goedgekeur, maar nie ń eie gemeente nie en moes nog onder Ventersburg val.

Kerk word gehou in die ou sinkgebou van die NG Kerk Theunissen wat hulle goedgunstiglik beskikbaar stel aan die Doppers.

Theunissen se lidmate versoek om eie kerkgebou op te rig en dit word toegestaan.

Hulle koop self grond aan, bou self.

Mnr P Koschel behartig die bouwerk en die gemeentelede ry self die bakstene aan.

Die hoeksteen word gelê in 1912 en inwyding 21 Junie 1912.

Die susters in die gemeente kollekteer self om kerklampe, nagmaalservies en ń kerkklok aan te koop.

Eers 13 Mei 1916 word Gereformeerde Kerk Theunissen afgestig van Gereformeerde Kerk Ventersburg.

Sedert 1953 word hierdie kerkgebou te klein vir groeiende lidmaattal en ń sierlike kerk met kenmerkend 2 torings word gebou en Februarie 1959 ingewy. Ks

Bron: Internet , Wikipedia, Gemeentegeskiedenis.

Fotos:Gys Ströh snr Maart 2021

Maak 'n opvolg-bydrae