Ventersburg / Gereformeerde Kerk / NG Gemeente Ventersburg / Polisiemuseum / Fort Skanskraal

Ventersburg

Gereformeerde Kerk Ventersburg

NG Gemeente Ventersburg

Polisiemuseum

Fort / Skanskraal

Ventersburg

Reeds sedert die Groot Trek word hierdie area bewerk en bewoon.

Lank voor die aanlê van die dorp het Doppers (Gereformeerders) hier op die plaas van die Venters bymekaar gekom om godsdiens te hou.

Ventersburg is gestig op die plaas Kromfontein van Pieter Albertus Venter. Sy seun Bernardus Gerhardus Venter het al reeds in 1864 toestemming gegee dat sy huis as ń kerk gebruik kan word. P A Venter sterf 1857 en sy seun BG Venter erf sy plaas.

Met die stigting van die Gereformeerde Kerk op BG Venter se plaas was dit die 3de gemeente in die Vrystaat en lidmaatgetal van 40. Die gemeente het daarna maar stadig gegroei.

Die dorp het ontwikkel op die kerkplaas. 1871 is die eerste erwe van die oorspronklike plaas verkoop en 1873 is Ventersburg as dorp verklaar. Formele proklamasie 1876.

Die dorp word vernoem na die Venters (P.A. Venter) wat daar gewoon het en op wie se plase dorp ontstaan het.

Ventersburg het stadig gegroei, hoofsaaklik ń landboudorpie.

1884 kry Ventersburg sy eie pos-, en telegraafkantoor.

Ventersburg verkry munisipale status 1903.

Ventersburg lei ook swaar tydens die Basoeto Oorloë 1858 en 1865.

Verskeie gevegte vind in omgewing plaas tydens ABO en Britte verwoes dorp grootliks.

GEREFORMEERDE GEMEENTE VENTERSBURG

24 September 1864 is die Gereformeerde Gemeente amptelik gestig deur ds. Dirk Postma op die plaas Vaalbank van N. J. Steijn ( PA Venter) aan die Sandrivier na toestemming verkry is van die Reddersburg Gemeente.

Aanvanklik bekend as Gereformeerde Gemeente van Sandrivier, later Gereformeerde Gemeente van Ventersburg.

Ds. Postma het die gemeente net soms besoek agv swak gesondheid.

By gebrek aan ń eie leraar het die ouderlinge die belange van die gemeente behartig , met groot vrug, en hulle het veral gefokus op onderwys en katkisasie.

Daar het ń behoefte ontstaan aan ń eie kerkgebou. Die gemeente koop die plaas Deelfontein aan.

Bouwerk het onder moeilike omstandighede plaasgevind. Die lidmate het self die stene gemaak en klippe en grond aangey per wa vir die bouwerk. Sink en hout was bitter skaars en 2 lidmate, H Steyn en LP Venter ry met 2 ossewaens Pietermaritzburg toe om hout en sink te gaan aankoop.

1870 word die hoeksteen gelê

22 April 1871 word die kerk ingewy.

Die kerkgebou word ook as skool gebruik en vanaf 1874 word die huis wat aangekoop was vir ń pastorie gebruik as ń skool.

Gereformeerde Gemeente Ventersburg skenk ook ń erf aan die bruin gemeenskap vir die bou van hulle eie kerk.

1875 kom die groot droogte en die gemeente vra hulp vanaf Gemeente Reddersburg in die vorm van slagskape.

1877 vra die Gemeente om staatshulp wat geweier word.

Die behoefte aan ń eie predikant word groter en groter. Gereelde bidure word gehou om leiding te verkry.

1877 aanvaar Ds Maarten Pelser van Aliwal-Noord die beroep na Ventersburg. Hierdie eerste predikant van Gemeente Ventersburg is met ope arms ontvang. Lidmate LP Venter, W Venter en PA Venter gaan haal hom en sy besittings met 2 ossewaens en ń verewa.

1878 verkoop die kerk van sy erwe om skuld te delg.

Die kerkraad het ń streng oog gehou op die dorp se openbare sedelikheid en was beslis teen alle handeldryf op Sondae en het toegesien dat winkels gesluit is.

Tydens die ABO is die dorp verwoes deur die Britte en die geboue erg beskadig.

Die Gereformeerde kerkie kon weer herstel word maar was spoedig te klein.

ń Nuwe gebou is opgerig, eenvoudige strak lyne, tipies van die kerkgeboue van Gereformeerdes van daardie tyd. Hoeksteen is gelê 1913, Inwyding 1913.

Die kerk is gebou van songedroogde/songebakte modderstene. Om te voorkom dat stene met tyd disintegreer is ventilasie gate binne en buite geplaas om stene te ventileer en behou. Díe metode het beslis gewerk want meer as 110 jaar verder is daar nog steeds geen krake nie.

2014 het die Gereformeerde Gemeente Ventersburg slegs 25 belydende en 6 dooplidmate gehad.

2017 het hierdie gemeente saamgesmelt met Gereformeerde Gemeente Hennenman en die Gereformeerde Gemeente Ventersburg/Hennenman gevorm.

NG KERK VENTERSBURG

NG Kerk Ventersburg afgestig van gemeentes Winburg en Kroonstad 1890. Kerk koop 4 erwe aan en kry 4 erwe as geskenk vanaf Gereformeerde Gemeente Ventersburg.

Hoeksteen van eerste kerkie word on 1890 helê, gebou deur Allan Faulds.

1892 Ds PJJ Boshof van Pietersburg eerste predikant.

1892 Pastorie word gebou.

1950 is hierdie pastorie vervang met ń nuwer moderner huis.

Die eerste gemeente het vinnig gegroei en spoedig moes daar ń vlerk aan die sykant aangebou.

1901 tydens die ABO laat Gen Bruce Hamilton die dorp verwoes en die kerk afbrand.

Groot skade aangesien kerkregisters ook verbrand het.

Die predikant Ds CJ Snyman en meeste gemeentelede word as krygsgevangenes weggevoer.

Na die oorlog (1902) word ń noodkerk gebou, ñ netjiese ruim gebou van yster en hout.

1904 word die Eben Haezer Saal ingewy, ń sinkgebou, sonder enige skuld. Weer gesloop in 1962.

Die begeerte om ń sierlike kerkgebou op te rig word in 1912 vervul met die hoeksteenlegging en 1913 met inwyding van die nuwe groter kerkgebou op die terrein van die ou kerkie. Sonder enige skuld.

Die hoeksteen is gelê deur Pres MT Steyn.

1938 het die Gemeente Hennenman afgestig vanaf Gemeente Ventersburg.

NAGMAAL BEKER : In die kerk word díe besonderse nagmaalbeker uitgestal. Die inskripsie op die beker lees: Taken from Boer Church, blown up by British Shell during an engagement with the Boers , at Ventersburg Orange Free State March 1901. Díe beker is gevind 1992 in ń pandjieswinkel in San Francisco VSA en die persoon wat dit gevind het, het dit na familie toe teruggestuur SA toe.

POLISIEMUSEUM VENTERSBURG

Ten volle gerestoureerde polisiestasie en tronk. Netjies onderhou. 1987 as Nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Kosbare versameling, o.a. die seldeur van Jopie Fourie word hier bewaar.

KLIPSKANS / FORT/ SKANSKRAAL

Aan die buitewyke van Ventersburg, aan westekant, op ń oop hoogtetjie is hierdie merkwaardige klipskans.

Gebou in 1858 om mense in omgewing te beskerm teen Basoeto aanvalle op versoek van Pres Boshof.

Die fort is gebou van ysterklippe onder leierskap van PA Venter. Vier mure 42 m lank, , 2.5 m hoog, 0.7 m breed aan onderkant wat vierkant van sowat 1700 vk m insluit. Aan een kant is ń opening vir waens om in skans in te kom. In die mure is skietgate met ń uitsig oor die hele area.

Hierdie is ń ongelooflike bouprojek as in ag geneem word dat dit per hand gebou is en die klippe met waens aangery was. Daar word bereken dat hierdie klippe minstens 1000 ton weeg. ń Wa kan moontlik tot 2 ton vervoer wat dan minstens 500 ritte genoodsaak het.

Die skanskraal is gebruik in 1858 en 1866 vir verdediging teen Basoeto’s en Mpandi.

Binne die skans is ń monument opgerig om erkenning te gee aan die bouers van hierdie fort. Skrif byna onleesbaar. Buite die skans is die graf waar PA Venter en ander familielede begrawe is, opgerig 1926.

Tydens die Simboliese Ossewatrek 1838-1938 was hierdie die terrein van groot feesvieringe(soos orals oor SA). Die manne het baarde gegroei en ferweelbroeke en veldskoene gedra. Vroue en dogtertjies uitgedos met lang Voortrekkerrokke, kappies en nekdoeke. Waspore is hier in sement ingetrap as herinnering.

HERINNERING VAN OUD INWONER (Bron internet)”Tydens WWII het Ventersburg se inwoners min simpatie met die Engelse gehad en Duitsland naïef ondersteun. Vyande van ons vyande is mos ons vriende. Saans is daar voor die draadloos, wat met ń battery gewerk het wat bedags met ń windlaaier gelaai is, aandagtig geluister na Radio Duitsland uit Zeesen. Erich Holm (Bethulie) het in Afrikaans uitgesaai: “Goeienaand Suid-Afrika! Uit die hoofkwartier van die Führer word berig dat…”.Engelse radio wou hulle nie luister nie want hulle sou mos nie die waarheid vertel nie.Erich is na die oorlog tot lang tronkstraf gevonnis, maar die Malan regering het in 1948 hom begenadig.Ventersburg, voorwaar ń interessante dorpie.

Bronne: Internet. Wikipedia. Gemeentegeskiedenis. Ventersburg History.

Fotos:Gys Ströh snr Maart 2021. Wilma J V Vuuren Maart 2021

Maak 'n opvolg-bydrae