Hennenman Vrystaat / NG Kerk Hennenman / Groot Trek Gedenkteken / Vliegongeluk /Perde renbaan

Hennenman

Vrystaat

NG Kerk Hennenman

Groot Trek Gedenkteken

Hennenman

Dorp het aanvanklik ontstaan as ń spoorweghalte bekend as Ventersburg-weg.

1890 is die NG Gemeente Ventersburg gestig en Ventersburg-weg was een van sy wyke.

Verwarring tussen al die “Venter” name; Ventersdorp, Ventersburg, Venterstad, Venterskroon, het gelei daartoe dat die naam verander is na Hennenman.

Vernoem na P F Hennenman van die plaas Zwartpan.

P F Hennenman

Petrus Hennenman is gebore in Amsterdam, Nederland 1844.

Hy kom as 15jarige na Suid-Afrika, met net sy bagasie en enkele stukkies juweliersware.

Hy werk eers as winkelklerk in die Paarl.

1860 verhuis hy na die Vrystaat en begin vee aankoop.

Hennenman veg onder Generaal Fick tydens die Basoeto Oorlog.

Hy trou met Alberta E J Steyn, niggie van Pres MT Steyn.

1875 trek hulle na die plaas Zwartpan, distrik Kroonstad.

Petrus Hennenman word ń welaf boer en doen baie vir liefdadigheid.o.a. help hy Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

Die egpaar het 2 seuns Piet en Manie en ń dogter Albertha.

Beide seuns sterf 1899 tydens die Slag van Magersfontein. Manie se seun Manie jnr sterf later ook op 17jarige ouderdom.

Albertha, sy dogter trou met Edwin Hills van Kroonstad en hulle neem Zwartpan by haar vader oor. Hulle 2 seuns Pieter en Eddie word in 2020 in ń plaasaanval gedood. Einde van Hennenman se nageslag.

NG Kerk Hennenman

Die NG Kerk Ventersburg kan nie die vinnig groeiende lidmate en die groot area hanteer nie.

Hennenman groei vinnig aangesien dit op die hoofspoorlyn na Johannesburg is en veral vinnige groei na ń tweede sementfabriek daar oopgemaak het. Die ryk kalkneerslae in die area dra groot by tot die ontwikkeling van Hennenman.

1926 is daar reeds 50 kinders in die Sondagskool.1927 word daar reeds kwartaalliks 2 buitedienste gehou in die ou hout skoolgeboutjie.

Die gebou word heeltemal te klein en in 1928 word ń nuwe saaltjie gebou.

1933 se depressie en groot droogte bemoeilik NG Ventersburg se taak.

1938 stig die Gemeente Hennenman af 1941 word die dorp Hennenman gestig met ń eie dorpsraad.

Die saal vir die NG Kerk Hennenman word spoedig te klein en daar word begin met die bou van ń eie kerkgebou, ontwerp Moerdyk.

Hoeksteen gelê 1945 en ingewy 1947.

Hennenman Oos (1956l en Hennenman Wes stig weer af om hulle eie gemeentes te vorm.

Ondertussen het dorpies begin kwyn en krimp en 2012 is altwee gemeentes by NG Kerk Hennenman ingelyf.

Groot Trek

1988 tydens herdenking van die Groot Trek 1838-1988 is hierdie kenmerkende monumentjie opgerig. Vorm nabootsing van wa en watent. KS

Bronne:Internet. Wikipedia. Gemeenteargief.

Fotos: Gys Ströh snr Maart 2021

12 April 1988

Hennenman

Een van die ergste vliegongelukke in Suid-Afrika.

ń Dakota slaan aan die brand en stort neer op ń plaas naby Hennenman.

24 persone aan boord, almal sterf.

Aan boord was 21 persone direk betrokke by die perdewedren bedryf. 13 Jokkies, meeste onder 22, sommige met jong kindertjies, afrigters, perde eienaars en beamptes.

ń Groot verlies vir perdewedrenne.Die jokkies was talentvolle jong manne, S.A. se top jokkies, met ń blink toekoms voor. Rooies Fourie, Transvaal kampioenjokkie onder die slagoffers.

Die bemanningslede sterf ook almal.

Die groep was onderweg vanaf Bloemfontein terug Johannesburg toe na ń wedrenvergadering te Bloemfontein toe die tragedie gebeur het.Die ironie was dat die vergadering ń week vroeër geskeduleer was, met SAA vlug, maar weens aanhoudende reën is dit verskuif na ń week later.

Ongelukkig was daar nie beskikbare SAA vlugte beskikbaar nie en is daar toe gebruik gemaak van ń United Airways huurvlug.

Die noodoproep het gekom dat daar ń brand aan boord is en 2 1/2 minute later het die vliegtuig neergestort in ń bol vlamme.

Die eienaar van die plaas waar die United Airways Dakota neergestort het, vertel dat ń bol vuur uit die lug geval het, binne in ń mielieland, so 200 m gegly het en toe ontplof het.

Dit blyk dat hierdie spesiale huurvlug, die Dakota, ñ brandstoflek gehad het wat ń brand in die stuurboordenjin veroorsaak het wat gou versprei het.

Daar word vermoed dat almal aan boord, insluitende vlugpersoneel, hulle bewussyn verloor het agv die rook.

Die Dakota se “logbook” het na bewering agterna gewys dat die Dakota nie behoorlik en gereeld gediens en onderhou is nie.

Net na die insident is United Airways onder likwidasie geplaas. Niemand het verantwoordelikheid vir hierdie tragedie aanvaar nie.

ń Gedenksteen, ń monument van ń spierwit perd is opgerig by die Newmarket Renbaan in Alberton en weer verskuif na Turffontein Renbaan se hoofingang nadat Newmarket gesluit het.

Die gedenksteen is geskenk deur Hilda Podlas en Emanuel Cambouris.

Jaarliks word hierdie room van perdewedrenne onthou in ń spesiale dag: Die Hennenman Memorial Pinnacle Stakes oor 1600m.

Naasbestaandes, familie, vriende en betrokkenes woon hierdie spesiale dag by in herinnering aan die vreeslike slag wat die perdewedren bedryf getref het 12 April 1988.KS

Bronne en fotos: Internet

Maak 'n opvolg-bydrae