Reddersburg Gereformeerde Kerk Reddersburg / Burgermonument / NG Kerk Reddersburg / Dorpsplein: Genl CR De Wet, Klein Perdekraal, Republiekwording, Eeufees, Poskoets / President Kruger Kinderhuis

REDDERSBURG

Die dorp Reddersburg ontstaan as ń Gereformeerde Kerk gemeente op die plaas Vlakfontein wat Aug 1859 aangekoop is vir díe doel.

Die dorp is in 1861 aangelê en vernoem na Die Heiland, Verlosser, Die Redder:

Reddersburg 1894 neem ń munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oor.

GEREFORMEERDE KERK REDDERSBURG

Gereformeerde Kerk Reddersburg is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerk SA in die Vrystaat.

Reeds voor Ds Dirk Postma na SA gekom het om die Gereformeerde Kerk te vestig, was daar al lidmate in die Vrystaat wat ontevrede was en nie meer kon versoen met die leer en leringe van die NG Kerk en versoek het vir eie predikant. Ds Postma reis eers ZAR deur en stig etlike gemeentes in die ZAR voor hy Vrystaat toe kom.

12 Mei 1959 stig Ds Postma die gemeente in die Vrystaat op ń plaas distrik Bloemfontein.

Die gemeente besluit om ń nuwe dorp as kerkplek, kerkdorp aan te lê en koop vir die doel die plaas Vlakfontein van MA van der Walt aan.

Alhoewel die naam Reddersburg oral al in gebruik was, het die keuse van ń naam vir die dorp nogal stryery veroorsaak. Van die beswaarmakers was bekommerd dat die naam Reddersburg verdere spot sal ontlok aangesien daar reeds smalend na die Doppers se “eie” dorp verwys word. Ouderling JP van der Walt wys daarop dat …”God, onzen Redder is…”

Die naam Reddersburg word aanvaar en die kerkraad verkoop erwe onder streng voorwaardes. Kopers moet te alle tye rustig en vreedsaam wees. Gee twyfelagtige of laakbare woorde word toegelaat nie. Oortreding kan lei dat jou erf verbeurd verklaar word. Geen kerk of skool of openbare godsdiensoefening toegelaat sonder toestemming van die kerkraad nie. Al hierdie streng reëls en beperkinge en vinnige groei van die kerkdorp Reddersburg het die kerkraad baie besig gehou en dit het vir hulle moeilik geraak om al hulle sake te behartig.

1894 doen die kerkraad noodgedwonge afstand van besit van die dorp.

Oktober 1895 word die kerkgebou voltooi maar dit is reeds duidelik dat gebou heeltemal te klein is en November 1895 word begin om gebou te vergroot.

Ds Dirk Postma was konsulent van die gemeente en tydens eredienste is daar van voorlesers gebruik gemaak.

Die eerste leraar was ds Johannes Beijer van Leeuwarden Nederland 1861. Hy het ń reuse taak gehad aangesien hy die hele Vrystaat moes bedien.

ń Nuwe kerkgebou word in gebruik geneem in 1863, die gemeente nou reeds 570 lidmate.

Verskeie versoeke vir nuwe gemeentes in die Vrystaat word gerig, veral agv lang afstande.

Die Gereformeerde Kerk Reddersburg is aanvanklik huiwerig en voer aan dat ń dorp teen groot kostes aangelê is, ń kerk gebou is en ń predikant spesiaal uit Nederland laat kom is.

Later gee hulle wel toestemming dat Bethulie ń hulpkerk mag bou, maar nie as afsonderlike gemeente mag funksioneer nie.

Later moes hulle maar bes gee en toelaat dat gemeentes soos Ventersburg afstig.

Die huidige pragtige sandsteen kerkgebou met sy indrukwekkende voorkoms en 2 torings is deur Gerhard Moerdijk en Wynand Louw ontwerp.

Inwyding 1927.

Tydens die 75 jarige bestaansvieringe 1934 is daar in hierdie kerkgebou vir die eerste maal net Afrikaanse Psalms gesing.

BURGERMONUMENT

Na die ABO is daar voor die Gereformeerde Kerkgebou ń gedenkteken opgerig vir die 17 burgers wat gesneuwel het tydens die driejarige oorlog. Meeste was gereformeerdes.

POSTMA SAAL

Hierdie is die ou oorspronklike Gereformeerde Kerkgebou (1859) , opgerig in 1863 as kerk. Gedurende die Basoeto Oorloë gebruik as hospitaal en as skuilplek vir vroue en kinders gedurende die ABO. Gedurende die ABO is sandsakke om die kerk geplaas as beskerming.

NG KERK REDDERSBURG

Die NG Gemeente Reddersburg is eers in 1910 hier gestig.

Die hoeksteen van die NG Kerkgebou is 1 Desember 1923 gelê, kerk is voltooi sonder enige skuld.

DORPSPLEIN

Op die ou dorpsplein, Jan van Riebeeckstraat is ń hele paar gedenkstene langs waterreservoirs wat die ryk geskiedenis van Reddersburg uitwys.

Genl CR de Wet 16/12/1920: Christiaan de Wet het in hierdie omgewing opgegroei. Hier in Reddersburg distrik het hy ń hele afdeling Britte gevange geneem. Genl de Wet het sy laaste openbare optrede hier op die plaas Wolwas gehad Geloftedag 16/12/1920. Hy het gesê elke een moet ń klip neem, ń stapel kom bou waar hy gestaan het, om eenheid te simboliseer. Hyself was te swak om sy eie klip te dra en die burgers het dit vir hom gedra. Die volgende jaar het hulle ń monument oor die klipstapel gebou. Van hierdie monument op Wasbank is ń presiese replika gebou op die dorpsplein waarin Genl de Wet se klip ingebou is. Díe monument is in 1953 onthul.

Nog ander interessanthede hier opgerig en neergeskryf is:

Klein Perde kraal Republiekwording: 31 Mei 1961

Riebeeckfees. Ontvangs van poskoets 1852

Taalfees 1975Groot Trek 1988

Reddersburg eeufees 1859-1959Ks

Bron: Internet.Wikipedia. Gemeentegeskiedenis

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2020

Reddersburg

President Kruger Kinderhuis

PRESIDENT KRUGER KINDERHUIS REDDERSBURG

Die behoefte vir ń kinderhuis het reeds vroeg ontstaan, veral na die ABO, kinders wat die konsentrasiekampe oorleef het was nou sonder heenkome.

Die Gereformeerde Kerk het inisiatief geneem en reeds vroeg in die twintigjare met ń kinderhuis op Reddersburg begin, maar moes ongelukkig na 2 jaar hulle deure sluit weens ń gebrek aan steun.

Die roeping bly egter onder die Diakonie en hulle begin weer vanaf 1929 om fondse in te samel vir ń kinderhuis.

Die behoefte aan ń kinderhuis word al hoe groter.

Die depressiejare en droogte 1930-1933 maak die nood al hoe groter. Boere word van hulle plase af gedryf stede toe in ń poging om te oorleef en hulle hoop op werk in die myne.

Werkloosheid, armoede, siektes soos myntering vererger die situasie en meer en meer kinders kry versorging nodig.

Die kerkraad aan die Rand en Pretoria begin met hernude ywer werk, die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog vererger die probleme en die baie gebroke gesinne noodsaak ń daadwerklike oplossing.

1939 word die Gereformeerde Kerk se droom ń werklikheid. Grond word bekom en bouwerk begin en 1939 word die hoeksteen gelê van die eerste President Kruger Kinderhuis in Pretoria. Vernoem na President Paul Kruger, stoere dopper en bekend vir sy deernis met weeskinders. Later in nog ń kinderhuis in Johannesburg geopen in. Ongelukkig huidig gesluit.

1961 open die President Kruger Kinderhuis in Reddersburg sy deure met 4 kinders, ń week later is daar reeds 7 kinders.

Prof. Dr. Ferdinand Postma het in sy rede gesê: “‘Die wêreld maak oorlog en vermenigvuldig weeskinders. Die kerk maak deure oop en neem weeskinders tuis.”

Huidig word ongeveer 60 kinders, seuns en dogters, versorg in Reddersburg, President Kruger Kinderhuis Reddersburg. Ouderdomme tussen 2 en 18, meestal kinders wat deur ń hofbevel uit traumatiese huislike omstandighede verwyder moes word.

President Kruger Kinderhuise bied ń tuiste, ń veilige hawe vir kinders en poog om hulle fisies, emosioneel, geestelik, en opvoedkundig voor te berei en toe te rus vir hulle lewe vorentoe. Hulle streef daarna om elke kind tot sy/haar volle potensiaal te laat ontwikkel.

President Kruger Kinderhuis Reddersburg se plattelandse ligging bied besonderse geleenthede en voorregte aan kinders, maar dit maak die finansiële druk soveel groter. Verskeie projekte word aangepak om deure oop te hou en versorging so goed moontlik te hou, maar elke mens se ondersteuning, hulp en bydraes is nodig en word hoogs waardeer.Raak gerus betrokke

Bron:Internet

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2020

Maak 'n opvolg-bydrae