Vaaldam / Gauteng / Vrystaat / Mpumalanga.

Vaaldam

Gauteng. Vrystaat. Mpumalanga.

Die Vaaldam is een van ons grootste damme in Suid-Afrika (Gariepdam is groter) en gebou by die samevloei van die Wilgerivier en Vaalrivier so 70 km suid van Johannesburg en 30 km suid-oos van Vereeniging.

Drie provinsies grens aan die Vaaldam, Gauteng. Vrystaat en Mpumalanga.

Vaalrivier

Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die Oranjerivier in SA en verkry sy naam van die vaalgrys kleur van die water, veral in die vloedseisoen wanneer baie sediment en slik afgevoer word.

Barrage

Aanvanklik is die Barrage gebou (1914) om in die groot aanvraag na water in die Witwatersrand te voorsien.

Private Maatskappye oa Barney Barnato sink talle boorgate maar die 1895 ernstige droogte maak water onbekostigbaar duur, 2 sjielings en 1 sikspens vir 1 emmer water.

Randwater Raad word in 1902 gestig om private maatskappye te vervang.

Die Barage word gebou. Werk word gestaak tydens WW1 maar voltooi na die oorlog.

Water is hier by die Barage gestoor, 8 km stroomop vanaf Lethabo Kragstasie , ongeveer 20 km vanaf die latere Vaaldam se wal.

Hierdie opgedamde water was gou onvoldoende om in die vraag na water by die goudmyne tydens die goudstormloop te voorsien en besoedeling, veral bakterië word gou ń probleem.

Vaaldam

Bouwerk aan die Vaaldam se wal begin in 1930 tydens die depressiejare en voltooi in 1938.

Die damwal is op die plaas van Adriaan Roets jnr gebou. Die Roetse was die eerste intrekkers in hierdie gebied.

Hendrik Adriaan Roets snr het die plaas in 1850 bekom wat later in 2 verdeel is, die plase Zandfontein en Cyferfontein.

Onder die water van die Vaaldam lê ń skatkis van geskiedenis. Party grafte is verskuif, maar meestal is onder water. Daar word beplan om ń gedenkplaat met die name op by die wal op te rig.

Die Vaaldam is ń gravitasiedam en die wal ń betonstruktuur gebou deur Randwater Raad en destydse Departement van Besproeing..

Die wal is in 1950 en 1980 verhoog om in die groeiende vraag na water in die industrië en goudmyne te voorsien en die wal is versterk in 1958.

60 Sluishekke (2.05m hoog) is gebou om vloede te kan hanteer.

Februarie 1996 het die grootste vloed ooit die Vaal getref, die Vaaldam was 118.5% vol en slegs fyn beplanning het grootskaalse skade stroomaf beperk.

Die Vaaldam is een van Gauteng se hoofbronne van water.

Damoppervlakte is sowat 320 km en so 47 m diep.

Daar is so 800 km oewerlyn met klein dorpies soos Deneysville, Oranjeville, Vaal Marina, Villiers en Franfort aan kante.

Watersport is gewild by die Vaaldam.

Vaaldam spog selfs met sy eie eiland van 5 km lank waar oorspronklike grafte en murasies nog is.

Vaaldam is aanvanklik genoem Die Deneysmeer na ń besoek (1935) van Deneys Reitz, destydse Minister van Landbou, wat ook die Vaalharts Skema aangekondig het.

Die naam Vaaldam het gou oorgeneem.

Die dorp Deneysville is na Deneys Reitz vernoem.

Die Vaaldam is relatief vlak en uitgesprei oor ń groot area, wat verdamping ń probleem maak, veral aangesien die watervlak drasties val tydens droogtetye.

Die Lesotho-Hoogland-waterprojek is begin om vars water vanaf die Lesotho Hooglande via Liebenbergsvlei en die Wilgerivier na die Vaaldam te pomp. Water word in die Sterkfonteindam opgegaar (deel van die Tugela Vaal Projek) om na Vaaldam te pomp indien díe se watervlak onder 16% val. Interessant dat verdere uitbreiding van die Lesotho-Hoogland-waterprojek gekanseleer is aangesien vooruitskattings bepaal het dat die bevolkingsgetalle met rasse skrede sou val agv VIGS. Verseker verkeerde vooruitskattings.

Beoedeling is huidig ń ernstige bedreiging vir die Vaaldam en projekte soos SAVE THE VAAL poog hard om owerhede bewus te maak van die katastrofiese gevolge hiervan. Huidig met min sukses.

Vaaldam Monster

Gerugte en bewerings van ń monster of monsters in die Vaaldam is al talle kere gehoor vanaf vissermanne, oewerbewoners, werkers by pompstasies en duikers. Vreesbevange duikers by die wal het jare gelede opskudding veroorsaak toe hulle te bang was om verder te duik. Vermoedelik reuse babers wat in die water van die Vaaldam skuil.

Museum

In die wal is ń museum ingerig.

Bronne: Internet. Wikipedia. En ń ou boekie sonder ń buiteblad.Fotos:

Ou fotos internetNuwe fotos Junie 2019 Gys Ströh Snr

Maak 'n opvolg-bydrae